LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Die Hawehuis | LekkeSlaap
+17

Die Hawehuis

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 22 resensies vir Die Hawehuis
Netheid
5.0/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.7/5
Rhelda G - Aug 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Rhelda G
Gesin met tieners

Goed toegeruste vakansiehuis met ‘n goeie ligging.

Ons het baie lekker gekuier. Die eienaars van Die Hawehuis het die plek vreeslik goed toegerus en die see uitsig van waar die huis geleë is was asemrowend. Goeie waarde vir geld en wonderlike fasiliteite.

Die Hawehuis's terugvoer

Baie dankie.
Blessings vir julle.

Die Hawehuis
Karin S - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
1/5
Ligging
1/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
1/5
Karin S

Stresvol en teleurstellend.

Twee groot containers reg bo-op mekaar wat ons uitsig op die see veronderstel was om te wees. Daar was bouers ook besig met sement meng, grind en bedrywig voor die erf. Ons was glad nie daaroor vooraf ingelig, sodat ons self kon besluit of ons so wou ontspan nie.

Genevieve M - Jul 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Genevieve M
Gesin met tieners

Die beste verblyf op Stilbaai!

Die Hawehuis is stylvol gemeubileer met pragtige see-uitsig. Die huis is baie skoon en het alles wat jy nodig het vir 'n heerlike verblyf en baie aandag aan detail wat dit net extra spesiaal maak. Kan dit sonder twyfel aanbeveel!

Hanlie H - Jun 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Hanlie H
Gesin met tieners

Heerlik.

Het ons verblyf by Die Hawehuis baie geniet. Huis is gerieflik en uitsig is pragtig!

Willem I - Jun 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Willem I
Saam met vriende

Mooi uitsig en gerieflik.

Heerlike verblyf met uitsonderlike ligging, Uitsig asemrowend! Genoegsaam van alles wat ons benodig het. Het probleme ondervind met verwering van see op sekere elektriese toerusting, maar dit het nie afbreek gedoen aan die geheel van verblyf wat baie goed was nie. Daar is aandag gegee maar uit aard van probleme kon dit nie in oogwink herstel word nie. Eienaars was meer as bereid om te help. Sal plan maak om weer terug te keer. Waarskynlik beste verblyf in Stilbaai.

Ben N - Feb 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Ben N

'n Pragtige, stylvolle en netjiese woning met 'n asemrowende uitsig oor die see!

Ons het regtig so lekker gebly daar! Stylvolle, pragtige en netjiese woning met alles wat ons nodig gehad het. Ook het die eienaar gereeld navrae gedoen en wou weet of alles in orde was. Baie dankie vir die wonderlike geleentheid! Wat 'n heerlike vakansie!

Die Hawehuis's terugvoer

Baie dankie, blessings en seen vir julle.

Groete,
Die Hawehuis

Die Hawehuis
Petro M - Okt 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Petro M
Gesin met tieners

Dit was 'n sielerus ervaring in 'n pragtige eenheid met alles wat ons nodig gehad het.

Ons naweek was wonderlik. Die Hawehuis het aan al ons gesin se behoeftes voorsien. Die uitsig was asemrowend. Dit is perfek geleë. Ons sal beslis weer teruggaan.

Lourina D - Jul 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lourina D
Gesin met tieners

Pragtige uitsig oor die see op die hawe!

Goed geleë selfsorgverblyf vir 2 families op boonste en onderste vlakke wat elk uitloop op 'n lieflike stoep wat uitkyk op die see. Dis op die strand by die hawe en jy kan die walvisse sit en dophou vanaf die stoep.

Ilze N - Apr 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Ilze N
Gesin met klein kinders

Ruim, skoon, gerieflik, pragtige see-uitsig, vriendelike bestuur, op die strand.

Positief: Ruim eenheid, silwerskoon, goed en smaakvol ingerig. By hawe, op die strand. Baie vriendelik en akkommoderende eienaars. Alle DStv-kanale. Ordentlike wynglase. Groot stoep met braai wat uitkyk oor die see. Negatief: geen bottermesse, slegs steakmesse. Oond nie gewerk nie. TV in eetkamer, ver vanaf banke. Geen handeseep of skottelgoedseep nie. Sou rustiger slaap as daar diefwering voor slaapkamervensters was of heining toe was. Tans groot bouwerk by 2de erf verder wat raserig tydens weeksdae kan wees.

Anita V - Nov 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anita V

Dís mos nou 'n behoorlike seevakansie - onverbeterlik!

Die eenheid was ruim, skoon en netjies met 'n fantastiese uitsig op die see. Ons kon die see met al ons sintuie beleef - regtig onverbeterlik. Ons gasvrou het baie moeite gedoen om dinge vir ons gerieflik te maak - baie dankie Lijanda. Ons sal beslis weer terugkom hierheen.

Thea S - Mei 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Thea S
Gesin met klein kinders

Awesome.

Die Hawehuis is 'n lieflike, ruim huis, asemrowende uitsig oor die see en hawe. Huis is baie smaakvol gemeubileerd met alles wat jy mag nodig hê, tot skottelgoedwasser, dis 'n pluspunt vir ons gewees. Ons het ons kuier vreeslik geniet en kan die huis vir enige familie aanbeveel.

Carol J - Apr 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Carol J
Gesin met tieners

Uitstekend.

Die Hawehuis se pragtige uitsig, netheid en ligging sal moeilik oortref word. Lijanda het regtig die ekstra myl gestap om ons te akkommodeer en ons het heerlik gebly. Baie dankie Lijanda!

Willene D - Mrt 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Willene D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ontspannend en rustig.

Alles was perfek toe ons by die Hawehuis eenheid 2 aankom. Die uitsig is baie mooi en dit maak nie saak of die wind waai en of dit 'n stil dag is nie, jy sit of op die balkon of binne, die uitsig is dieselfde. Ek is 'n persoon wat 'n ding het oor 'n pap uitgeslaapte matras, maar dit was die beste matras was ons in 'n lang tyd in 'n selfsorg-eenheid gehad het, en ons reis baie! Twee goed wat ek gemis het is 'n badmatjie in die tweede badkamer asook gesighanddoeke. As ek my hare was is 'n badhanddoek te groot om om my kop te draai. Ek dink ook nie daar is 'n haardroër in die huis nie, dalk het ek sleg gekyk, want ek het my eie saamgebring. Alles in ag genome was dit is 'n baie lekker plek om te bly - maak jul net klaar vir trappe om met jou tasse na bo en na onder te kom.

Die Hawehuis's terugvoer

Jammer om te hoor van u klagte rondom handdoeke, maar ongelukkig is ek nie 'n 4-ster gegradeerde selfsorg eenheid nie. Daarvoor beskou ek die handdoeke wat ek voorsien, asook enige toebehore as bo-standaard.
Die trappe is ongelukkig die prys wat ons almal moet betaal vir die mooi uitsig.
Hoop om jul weer te sien.
Vriendelike Groete

Die Hawehuis
Laura L - Mrt 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Laura L
Gesin met klein kinders

Ideaal geleë, goeie smaak en waarde vir geld.

Sal die Hawehuis aanbeveel as 'n baie lekker plek om te bly!

Gudrun M - Nov 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gudrun M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Net te pragtig.

Ons was 10 dae by Die Hawehuis en het elke dag in dié pragtige ligging en mooi huis geniet. Daar het niks geskort om ons verblyf geriefliker te maak nie. Lijanda was 'n baie oulike gasvrou en was baie akkommoderend omdat dit my man se 80ste verjaarsdag was. Ons sal terugkom.

Dié resensie is vertaal,kliek hierom die oorspronklike weergawe te sien.

Just beautiful.

We have been at Die Hawehuis for 10 days and enjoyed every day at this wonderful location and the beautiful house. There was nothing short of making your stay comfortable. Lijanda was a very nice host and very accommodating as my Husband had his 80th Birthday at the House. We will be back.

Jy lees die oorspronklike resensie,kliek hierom die vertaalde weergawe te sien.

Bianca D - Okt 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Bianca D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Goeie ligging met 'n mooi uitsig.

Die huis is baie skoon en netjies, goed toegerus en 'n baie mooi uitsig oor die see. Die ligging is uitstekend en die huis is in 'n doodloopstraat so daar is geen verkeer nie. Baie rustig en ontspannend definitive die moeite werd om daar te bly. Die enigste wat gekort het was 'n braaibak om jou braaivleis in te sit nadat jy gebraai het.

Gerrie C - Okt 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gerrie C
Gesin met klein kinders

Gemaklik, gerieflik en ideaal vir kinders.

Baie netjiese verblyf en kinders kon sommer stap na die see en terug. Goeie waarde vir geld.

Vanda T - Okt 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Vanda T
Gesin met klein kinders

Wonderlike, ontspanne wegbreek.

Die gastehuis is puik, almal is vriendelik, baie ontspanne en rustig. Die uitsig het elke dag my dag gemaak. Sal definitief teruggaan.

Dié resensie is vertaal,kliek hierom die oorspronklike weergawe te sien.

Wonderful relaxation getaway.

Guest house was great, everyone is friendly, very laid back and relaxing. The view just made my day everyday. Will definitely go back there.

Jy lees die oorspronklike resensie,kliek hierom die vertaalde weergawe te sien.

Stienie V - Jul 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Stienie V
Gesin met klein kinders

Absoluut heerlik! Sal sonder twyfel weer daar woon!

Ons ervaring van die Hawehuis was van die begin af fantasties. Die ligging is wonderlik en die uitsig onverbeterlik! Lijanda se diens was fantasties en die eenhede pynlik skoon en netjies. Strand, surf en heerlike restaurant binne 3 minute se stap van Hawehuis se voordeur!

Nadia Z - Mei 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nadia Z
Gesin met klein kinders

'n Ongelooflike ervaring.

Asemrowende uitsig en 'n netjiese en gemaklike eenheid. Ons het heerlik gekuier. Sal beslis weer daar gaan vakansie hou.

Ronel M - Apr 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ronel M
Gesin met klein kinders

Rustige vakansie met pragtige uitsigte en mooi woonstel om in te bly.

Sien die sterre.

Liesl D - Mrt 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Liesl D
Gesin met tieners

Beautiful apartment, stunning view and a reception that will definitely make you go back!

Thanking the owners of the Hawehuis for a very neat, beautifully furnished apartment. Surely there can't be a better view. The various small extras (easter eggs) made it very special and is highly appreciated. Normally those you forget at home. We felt so welcome. Will definitely recommend to others and we hope to be back soon.

Vanaf R1 750
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 750
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 750
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Skuitpad-weg 1A, Stilbaai, 6670, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGYxZWM2YjA1LTBiM2QtNGJjMS1hZWI2LTk0YzRmMmM5YzFjYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 750  per nag (plek vir 4) 22 5 1 5 1A Skuitpad Road Stilbaai 6670 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.3859676 21.4236733
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!