Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Kloof

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R303, Koelfonteinplaas, 4,7 km vanaf Prince Alfred's Hamlet, 6840, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 250 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Die Kloof is ’n opgeknapte historiese gebou met dik mure, ’n grasdak en tradisionele staldeure en is op Koelfonteinplaas naby Prince Alfred's Hamlet geleë. Dis 'n vrugteplaas wat al verskeie toekennings vir sy vars vrugte, droëvrugte en wyn ontvang het. Reisigers kan ook nou die luuksheid van die plaaslewe in hierdie wonderskone deel van die Wes-Kaap eerstehands ervaar. Die Kloof is 'n wonderlike selfsorg-toevlugsoord vir familie en vriende, ver weg van die stadsgewoel.

Die kloof het 'n selfsorgkothuis met slaapplek vir 6 gaste. Daar is 'n volledig toegeruste plaaskombuis, 'n vuurherd en moderne geriewe van ’n luukse plaaslewe. Die 3 slaapkamers, 1 met ’n dubbelbed, en 2 met 2 enkelbeddens elk, sitkamer en kombuis is gemeubileer met antieke plaasmeubels, luukse linne en sagte afwerkings.

Die antieke pootjiesbad sluit mooi aan by die luuksheid van die kothuis en daar is ook 'n beskutte buite-stort waar gaste die vars lug kan geniet. Die sitarea het 'n vrysstaande kaggel om die ergste winterkoue af te weer en daar is 'n tafel met sitplek vir 8 mense op die stoep. Daar is gemaklike sitplek buite waar jy lekker om die braaivleisvuur kan kuier. Die kothuis het 'n borrelbad waarin jy op warm somersdae kan afkoel, maar wat ook warm gemaak kan word as jy saans saam met jou geliefdes wil sterrekyk.

Omdat dit 'n historiese gebou is wat só gerestoureer is dat sy oorspronklike prag en praal behoue bly, is die hoofdubbelslaapkamer net bereikbaar via 1 van die kamers met 2 enkelbeddens. Die derde slaapkamer met 2 enkelbeddens, is slegs bereikbaar vanaf die stoep.

Pragtige eikebome omsoom die stoep en die buitebraai het asemrowende uitsigte op die kloof, oor die plaas na die dorpie Ceres met die Heksrivierberge in die verte.

Slaapplek

’n Bespreking by Die Kloof sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wynproe

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 88 resensies vir Die Kloof
Netheid
4.8/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.6/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Charmaine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 88

Jaar gelys 10

Ligging

  • R303, Koelfonteinplaas, 4,7 km vanaf Prince Alfred's Hamlet, 6840, Wes-Kaap
  • Gaste dink Die Kloof het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Breederiviervallei Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R303, Koelfonteinplaas, 4,7 km vanaf Prince Alfred's Hamlet, 6840, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFlMWI4YTk0LWYyNjctNGU5Ny04YjcyLTdmY2ZiYjM2ODUyYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag (plek vir 6) 88 5 1 5 R303 Koelfontein Farm 6840 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.248084684674 19.326864810186
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem