Die Plaashuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Plaashuis is 'n mooi Kaaps-Hollandse huis naby Botrivier op die R43. Dit is ideaal vir 'n gesin of groep vriende wat vir die naweek wil wegbreek of vir gaste wat net wil oorslaap op pad na 'n ander bestemming.

Dié huis beskik oor 3 slaapkamers met slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die ander 2 kamers het elk 'n dubbelbed. Daar is 2 badkamers wat elk 'n stort, toilet en 'n wasbak het.

Die kombuis is met 'n gasstoof, mikrogolf, ketel, yskas, vrieskas, skottelgoedwasser en wasmasjien toegerus. Daar is ook 'n binnebraai. Beddegoed en handdoeke word voorsien.

Daar is 'n kaggel in die leefarea, gemaklike banke, 'n TV met DStv en 'n etenstafel. Gratis WiFi is beskikbaar.

Buite is 'n klimraam vir kinders en lieflike braaigeriewe.

Daar is ook 'n dammetjie op die plaas waar gaste kan visvang en swem. Skape en hoenders loop vrylik rond in dié area.

Die plaas is op die R43 sowat 30 km buite Hermanus net na die Botrivier-afrit geleë. Dit is slegs 15 minute se ry vanaf die naaste swemstrand in Kleinmond en op pad na die Arabella Country Gholflandgoed. Botrivier is slegs 5 km weg. Daar is ook 'n restaurant en 'n troeteltuin langsaan by Ecology. Daar is ook meer as 10 wynplase binne 'n 10 km-radius en verskeie bergfietsroetes. Die bekende Houw Hoek Hotel is net 10 km weg.

Slaapplek

'n Bespreking by Die Plaashuis sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Die Plaashuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 750 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za