LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Die Rolbos Loxton Guest Cottage | LekkeSlaap
+12

Die Rolbos Loxton Guest Cottage

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 12 resensies vir Die Rolbos Loxton Guest Cottage
Netheid
5.0/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.8/5
Alicia S - Sep 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Alicia S

Dit was baie lekker en rustig het die naweek baie geniet.

Het die naweek daar spandeer om na huise te kyk om te koop. Dit is 'n lekker rustige dorp waar jy kan loop met jou hond en die mense is baie vriendelik.

Die Rolbos Loxton Guest Cottage's terugvoer

Hello Alicia
Baie dankie vir jou terugvoer. Ons is so bly jy het jou tyd hier in Loxton geniet!
Groete
Jac & Son

Die Rolbos Loxton Guest Cottage
Klaus Z - Sep 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Klaus Z
Saam met eggenoot / lewensmaat

Die verblyf by die Rolbos Loxton Cottage het aan alle verwagtinge voldoen, en was baie aangenaam!

Laat my net toe om my lae gradering van veiligheid in perspektief te plaas: In die huidige Suid-Afrika is ons gewoond aan hoë heinings of mure, met elektriese drade, sekuriteitswagte, kameras gekoppel aan 'n sekuriteitsmaatskappy, buite-beams, en moontlike waghonde! Rolbos Loxton het niks van die aard! Natuurlik is daar op Loxton nie die nodigheid om iemand van jou eiendom buite te hou nie! Dis wat dit so aangenaam maak: die ontspanne en vreedsame plattelandse atmosfeer, wat steeds op Loxton heers! Ons was ook baie beïndruk met die gasheer, Jac, se waarskuwing aan ons, voordat ons bespreek het, dat 'n kouefront op pad Loxton toe is vir die naweek van 28 Augustus 2021. En hy was heeltemal reg! Was dit nie koud op daai naweek nie! Maar daar is voorsiening gemaak vir die koue deur 'n elektriese kombers, sowel as hout vir die kaggel. Jac het ook moeite gedoen om te verduidelik hoe ons moet maak om te verhoed dat die waterpype oornag toevries, vir 'n moontlike vroegoggend warm stort. Dit het ons baie waardeer!

Die Rolbos Loxton Guest Cottage's terugvoer

Goeiedag Klaus

Baie dankie vir die terugvoer. Ek is bly julle het jul verblyf geniet ten spyte van die ysige weer (as dit selfs te koud is vir die Loxtoners om parkrun te doen dan is dit koud).

Dit was n groot plesier om julle hier te ontvang en julle is meer as welkom as julle moontlik weer hierdie kant toe kom.

Groete,
Jac

Die Rolbos Loxton Guest Cottage
Stephanie M - Aug 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Stephanie M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Absolutely amazing.

I had the best time in this small town. From the host to the people, I enjoyed Loxton and this accommodation very much! Can't wait to come back.

Die Rolbos Loxton Guest Cottage's terugvoer

Dear Stephanie

Thank you very much for taking the time to give us your feedback. We are glad you enjoyed your stay!

Greetings
Son & Jac

Die Rolbos Loxton Guest Cottage
Sharee H - Jan 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
1/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sharee H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustig en die natuurskoon is mooi.

Die dorp is kalm en pragtig. Daar is die oulikste, soetste twee brakkies, Kwassie en Mojo, wat net jou tyd verder met plesier inkleur. Ek sal enige tyd weer gaan.

Die Rolbos Loxton Guest Cottage's terugvoer

Liewe Sharee
Baie dankie vir jou terugvoer. Ons is bly julle het die dorp en jul verblyf geniet!
Groete
Son & Jac

Die Rolbos Loxton Guest Cottage
Rensche E - Jan 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Rensche E

Skoon, netjies en net wat mens nodig het.

Dis alles wat mens nodig het vir 'n aand se rus. Goed geleë, net so van die hoofpad af. Naby aan Loxton lodge vir 'n ete en naby aan KVB om vol te maak. Vriendelike host.

Die Rolbos Loxton Guest Cottage's terugvoer

Liewe Rensche
Baie dankie vir die mooi resensie. Ons is bly julle het jul verblyf geniet.
Groete
Son & Jac

Die Rolbos Loxton Guest Cottage
Bertus C - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Bertus C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlik en veilig.

Pragtige huis met braaiplek en lekker onderdakstoep. Sal definitief weer daar oornag.

Die Rolbos Loxton Guest Cottage's terugvoer

Liewe Bertus, baie dankie vir julle terugvoering, ons waardeer dit. Ons is bly julle het dit geniet, en julle het die reën saam gebring. Dankie, groete Son en Jac.

Die Rolbos Loxton Guest Cottage
Doreen A - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Doreen A
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie netjiese eenheid.

Oulik ontwerp vir 'n cabin. Mooi meubels en toebehore. Wens ons kon langer bly. Die huisie is geleë binne 'n groot groentetuin (urban agriculture), so dis nogal anders en spesiaal. Die eienaars is baie gaaf en behulpsaam. Dit was net bietjie warm in die middag, tot die son agter die groot dennebome gesak het, maar die eienaars is van plan om nog insolasie in te sit. Ek sal ook voorstel dat 'n paar karee-bome geplant word om 'n koelte te skep om die huisie. Die bedrag betaalbaar hang af van of mense 1 of 2 van die kamers gebruik - dis in die fine print op die webwerf.

Die Rolbos Loxton Guest Cottage's terugvoer

Liewe Doreen, baie dankie voor jou terugvoering, ons waardeer dit altyd! Ons het hierdie week meer insulasie in die dak gesit en 'n beurman het vir ons 'n klein karee boom gegee wat ons agter die braai gaan plant! Ons Hoop om julle weer by ons te welkom, groete Son, Die Rolbos.

Die Rolbos Loxton Guest Cottage
Katrien V - Sep 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Katrien V
Enkelreisiger

Slegs een nag oorgebly.

Daar was ekstras soos vuuraanstekers, houertjie melk en selfs n paar beskuitjies vir oggend koffie. Die plekkie was baie skoon en netjies. Vir een nag se oorbly was dit meer as voldoende.

Reinet L - Sep 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Reinet L
Saam met vriende

Pragtig, skoon en netjies met alles wat jy kan nodig hê.

Sal graag aanbeveel vir ander.

Die Rolbos Loxton Guest Cottage's terugvoer

Liewe Reinet, baie dankie, ons is bly julle het jul verblyf in Loxton geniet!!

Die Rolbos Loxton Guest Cottage
Estelle K - Jun 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Estelle K
Saam met vriende

Perfekte ligging om rustig te raak.

Die ligging aan die kant van die dorpie maak die eenheid 'n salige wegbreek. Lekker sonnig vir die karoowinter en die kaggel was 'n perfekte toevoeging vir koue aande. Alhoewel die eienaars se huis op dieselfde gronde is, het ons geen mense gesien nie, en was dit baie privaat en stil. Sal vir seker weer die plekkie kom opsoek.

Die Rolbos Loxton Guest Cottage's terugvoer

Liewe Estelle, baie dankie! Julle is enige tyd welkom!

Die Rolbos Loxton Guest Cottage
Annette L - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
2/5
Ligging
1/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Annette L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Loxton is ‘n mooi dorpie.

Huisie is ‘n platdakhouthuisie wat baie warm binne raak en geen skadu buite het nie, dus kan jy nie in die dag daar bly nie. Huisie self baie netjies en nette voor vensters help met muskiete.

Die Rolbos Loxton Guest Cottage's terugvoer

Liewe Annette, dankie vir die resensie. Ek wens gaste sou vir ons laat weet terwyl hulle by ons is en nie eers na die tyd iets sê nie. Ons will graag in daardie oomblik vir die gaste hulp om gemakliker te voel. Ons het vir baie warm Karoo dae 'n draagbare lugversorger, die vensters het solar film op en die stoep het 'n voordak met 'shade cloth' om skaduwee te gee. Ons vra ook vir gaste om ons terugvoer vorm te gebruik om ons 'n kans te gee om veranderinge te maak. Groete, Die Rolbos Loxton.

Die Rolbos Loxton Guest Cottage
Michael J - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Michael J
Saam met vriende

Lovely Stay. Neat and modern.

Will be back next year! Thanks again for a great place to stay!

Die Rolbos Loxton Guest Cottage's terugvoer

Dear Michael,

Thank you so much, we look forward to welcoming you at Die Rolbos again soon!

Regards,
Die Rolbos Guest Cottage

Die Rolbos Loxton Guest Cottage
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Margaretha Prinsloo-straat, Loxton, 6985, Noord-Kaap
  • Geen kinders onder 3
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdd040f84326b915d07c24868c9c64de2630f46788252a71cff667f997749ff885480cdd56fc94da9de57ba9155a02f504191?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900  per nag (vir 2 persone) 12 5 1 5 Margaretha Prinsloo Street Loxton 6985 Noord-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -31.475723436411 22.349388024645
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!