Die Rondawel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Rondawel is op 'n plaas sowat 6 km buite Trompsburg, 'n dorpie net langs die N1, geleë.

Die Rondawel-eenheid is omring deur 'n tuin wat baie mooi versorg is. Dié tuin-eenheid beskik oor 1 slaapkamer met slaapplek vir 4 gaste. Daar is 2 enkelbeddens wat teen mekaar geskuif is om 'n koninggrootte-bed te vorm, asook 'n enkelbed met 'n addisionele uitrol-enkelbed wat onder die enkelbed is. 'n Kinderbedjie kan op aanvraag voorsien word. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet.

Die Nessie-eenheid is omring deur 'n tuin wat baie mooi versorg is. Dié eenheid beskik oor 1 slaapkamer met slaapplek vir 2 gaste. Daar is 'n dubblebed en die badkamer het 'n stort, bad, wasbak en toilet.

Die Rondawel het 'n kombuis wat toegerus is met 'n mikrogolfoond, breekware, eetgerei, induksiestoof en 'n yskas-vrieskas, waar Die Nessie net 'n yskas en breekware het. Daar is braaigeriewe en veilige parkeerplek beskikbaar vir albei.

Troeteldiere is welkom, maar daar word versoek dat hul tuisgaan in 'n veilige slaapplek wat vir hul voorsien word net agter die eenheid.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Fietsry

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Die Rondawel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za