LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Die Rooi Duiker Self-Catering Unit | LekkeSlaap
+19

Die Rooi Duiker Self-Catering Unit

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ceciliastraat 2, Sunninghill Estates, Nelspruit, 1200, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R550 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Die Rooi Duiker Selfsorg-eenheid is op die onderste verdieping van 'n Toskaanse dubbelverdiepinghuis in 'n gesogte sekuriteitslandgoed in Nelspruit. Dié luukse landgoed grens aan 'n natuurreservaat met verskeie kleinwild wat gereeld langs die grensheining gesien kan word, veral die uiters skaars rooiduiker waarna die eenheid vernoem is.

Die smaakvolle, gerieflike eenheid bestaan uit 'n oopplan-slaapkamer- en leefarea met 'n en suite-badkamer. Die badkamer het 'n reuse-instapstort, toilet en wasbak en kraakvars, spierwit handdoeke, sjampoe, stortseep en lyfroom word voorsien. 'n Haardroër en vollengte spieël is ook beskikbaar.

Die koningingrootte-bed het spierwit linne en daar is 'n oop ruimte om klere te hang.

Die gerieflike leefarea het 'n tweesitplek-rusbank met 'n tafel en 2 stoele waar gaste kan werk of eet.
Die selfsorg-kombuisarea is toegerus met koffie- en teemaakgeriewe, 'n mikrogolf, tweeplaatstofie, yskassie, breekware en eetgerei.

Die eenheid het 'n platskerm-TV met volledige DStv, lugversorging vir die warm Laeveld-dae en gratis WiFi.

Buite die eenheid is 'n tuin waar gaste die pragtige uitsig oor die aangrensende natuurreservaat kan geniet terwyl 'n vleisie gebraai word in die boma.

Veilige parkeerplek is binne die sekuriteitskompleks beskikbaar met net 1 stel trappe af na die eenheid.

Terwyl jy hier sit en die stilte inneem, is dit moeilik om te dink dat jy net 'n paar minute van die middestad met al sy geriewe, doendinge en besienswaardighede af is.

Die Rooi Duiker is 1 km vanaf Nelspruit Mediclinic en die naaste winkelsentrum. Die wêreldbekende Krugerwildtuin se Malelane-hek is minder as 'n uur se ry ver en ander gewilde besienswaardighede soos die Sudwala-grotte, Botaniese Tuine, God's Window en Kaapschehoop is almal nader as 100 km.

Slaapplek

’n Bespreking by Die Rooi Duiker Self-Catering Unit sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Forelhengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 11 resensies vir Die Rooi Duiker Self-Catering Unit
Netheid
4.8/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Ceciliastraat 2, Sunninghill Estates, Nelspruit, 1200, Mpumalanga
  • Gaste dink Die Rooi Duiker Self-Catering Unit het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R550
per nag (plek vir 2)
Vanaf R550
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ceciliastraat 2, Sunninghill Estates, Nelspruit, 1200, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAEy6fKsLy3E0p3Gc5r0LSiJhfG0DEjbOaQjp4S06PrZ22oNj70u?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R550  per nag (plek vir 2) 11 5 1 5 2 Cecilia Street Sunninghill Estates 1200 Mpumalanga 086 999 0018 15:00-21:00 10:00 -25.489534056725 30.971309271164
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!