Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Skooltjie

Selfsorg
Weeksdagaanbod 10% af

Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Mei 2024 tot 31 Aug 2024.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: R356, Klipbanksrivier, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R1 500 R1 350 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Die Skooltjie is ‘n knus, gerieflike kothuis vol karakter en stories. Dié gerestoureerde plaasskool is op ‘n skaapplaas in die Onder & Tankwa-Karoo, ‘n area tussen Ceres en Sutherland, wat bekend is vir sy skoon, oop nagte met helder sterre, rustige Karoo-aande en die wêreldbekende SALT-teleskoop.

Die Skooltjie is goed toegerus met geriewe soos Wi-Fi en sonkrag, warm water, 'n gasbrander, asook 'n houtstoof, mikrogolfoond, yskas, braaigeriewe en al die basiese benodigdhede. 'n En suite-dubbelslaapkamer lei na ’n ruim badkamer met ’n bad, pragtige instapstort en toilet. 'n Gasgeiser sorg vir heerlike warm water.

Die Skooltjie bied die ideale Karoo-ervaring in die uitgestrekte veld en ongerepte natuur wat opwindende geleenthede vir nagfotografie bied. Dit bied ’n uitsig oor die Tankwa-rivier en die hange van die Roggeveldplato in die verte.

Daar is verskeie aktiwiteite, soos kleinwild- of voëlkyk, stap, fietsry of piekniek op die klipbanke wat gaste kan geniet. Die indrukwekkende passe soos die Ouberg-, Gannaga- en Verlatenkloofpasse, in die omgewing kan met groot voertuie aangedurf word. Die nabye Tankwa Nasionale Park is bekend vir sy inheemse vetplante en wild en gaste kan by die Tankwa-padstal gaan inloer.

Slaapplek

’n Bespreking by Die Skooltjie sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Kantoorgeriewe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Kaggel
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 5 resensies vir Die Skooltjie
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Hanlie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 5

Jaar gelys 2

Ligging

  • R356, Klipbanksrivier, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Gaste dink Die Skooltjie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Tankwa Karoo Noord-Kaap
Vanaf R1 500
R1 500 R1 350
per nag, vir 4 mense
Vanaf R1 500
R1 500 R1 350
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: R356, Klipbanksrivier, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA20f6b54b40ac8c366abeac7422f724c951418b2191bfc8cbe95f0106f45b59c28c5fe81577ff454de84bc879f8c587ac11af?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 500 nouVanaf R1 350 per nag, vir 4 mense 5 5 1 5 R356 Klipbanksrivier 6920 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 11:00 -32.540281448587 20.270859090602
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem