Calitzdorp Akkommodasie by Die Stoep | LekkeSlaap
+15

Die Stoep

5 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pretorius-straat 17, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 500 per nag (vir 10 persone)

Beskrywing

Die Stoep is 'n pragtige Karoo-styl plaashuis met Victoriaanse detail wat uit 1860 dateer. Dit is een van die eerste huise wat in Calitzdorp gebou is. Daar is 'n groot onderdakstoep reg rondom die huis met 'n hele paar deure wat daarna lei. Die huis het Oregon-vloere en skuifvensters met luike. Die luike word steeds gebruik om die temperatuur van die huis te reguleer.

Die plafon is hoog, die mure van modderbaksteen en daar is hortjies, dus is die huis koel in die somer en warm in die winter.

Die plaashuis het slaapplek vir 10 gaste in 3 slaapkamers. Perkallinne en handdoeke word voorsien. Die hoofslaapkamer, Volstruis, het 'n koninggrootte-bed, stapelbed, kas en 'n spieëltafel. Die tweede slaapkamer, Springbok, het 'n dubbelbed, kas en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Dié kamer lei via die kroeg na die binnehof. Die derde slaapkamer, Meerkat, lei na die onderdakstoep, en het 'n dubbelbed, kas en 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en stort. Daar is 'n dubbelslaapbank in die eetkamer. Daar is 'n aparte badkamer met 'n toilet, wasbak en uitstekende stort-oor-bad.

Die ruim eetkamer is in die middel van die huis en het sitplek vir 10 gaste. Die sitkamer het 'n kaggel, TV en 'n HiFi. Die sitkamer lei na die stoep. Die kombuis het gesellige sitplek en 'n kaggel. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, stoof, mikrogolfoond, koffiemasjien, stoompot, skottelgoedwasser, wasmasjien, eetgerei, breekware en glasware. Daar is ook 'n braairooster, tang en potjiekos-potte.

Die kombuis lei na die binnehof aan die een kant en die kroeg aan die ander kant. Daar is 'n muur reg om die binnehof, en ook ingeboude sitplek en 'n vuurpit. Gaste kan hier na die sterre kyk. Die huis het 'n onderdakbraai- en onthaalarea. Ander geriewe sluit 'n alarmstelsel, WiFi, sekere DStv-kanale, en parkeerplek op die perseel in.

Daar is 'n ideale plek vir sterrekyk langs die plonspoel in die tuin, asook 'n onderdak-sitarea buite by 'n Dover-stofie.

Slaapplek

’n Bespreking by Die Stoep sluit in:

Koninggrootte-bed Stapelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 4 persone
1 xKoninggrootte-bed
1 xStapelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 5 resensies vir Die Stoep
Netheid
4.8/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Pretorius-straat 17, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
  • Gaste dink Die Stoep het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 500
per nag (vir 10 persone)
Vanaf R3 500
per nag (vir 10 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pretorius-straat 17, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAHon2WjqcQrZGBXpQ9Bfyax3qrUbhwD1TeZWnEE1CmaxHeWAP6A?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 500  per nag (vir 10 persone) 5 5 1 5 17 Pretorius Street Calitzdorp 6660 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -33.53301750484 21.688370259292
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za