-
Voorkeurvennoot
- Kapasiteit: 27 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pionierstraat 2, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R900 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Dilisca Guesthouse is 'n lieflike 4 ster-gastehuis in Durbanville, Kaapstad. Gaste kan kies uit 1 van die 13 individueel versierde kamers: Standaardkamers, Luukse Kamers, Selfsorgkamers, Gesinskamers en Executive-kamers. Die gastehuis maak gebruik van boorgatwater.
Al die kamers beskik oor lugversorging en perkallinne. Elke kamer bevat ook 'n haardroër, 'n TV met DStv-kanale, 'n yskassie, koffie- en teemaakgeriewe, 'n lessenaar en gratis WiFi van hoë gehalte. Die kamers word daagliks skoongemaak en veilige parkeerplek word voorsien.
Die 6 Standaardkamers beskik elkeen oor 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die 1 selfsorgkamer het 'n aparte kombuis en eetkamer.
Die 4 Luukse Kamers het elk 'n koningingrootte-bed of koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n bad, 'n mikrogolf, broodrooster en 'n privaat stoep.
Die Gesinskamer het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed met 'n en suite-badkamer. Dit het ook al die afwerkings wat die luukse kamers het. Die kamer het ook 'n patio.
Die Executive-kamer het 'n volledige ruim en suite-badkamer, instapkaste, 'n koninggrootte-bed en 'n aparte leefarea met 'n binnebraai.
Ontbyt is teen R100 beskikbaar. Wegneem-ontbyt en -middagetes kan ook voorsien word. Aandete kan op versoek in die kamer, of vir klein funksies voorsien word. Klein vergaderings of konferensies vir 12 afgevaardigdes kan ook hier geakkommodeer word.
Daar is verskeie besienswaardighede en doendinge in die area soos gholf by Durbanville Gholfbaan of 'n bietjie verder is daar Tafelberg, die V&A Waterfront en Akwarium, Kirstenbosch en die verskeie wynplase in en om Kaapstad. Die gastehuis is net 5 minute se ry van 2 privaat hospitale af.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Drankies ingesluit
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Internet
- Televisie
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Pionierstraat 2, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
- Gaste dink Dilisca Guesthouse het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Durbanville Noordelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 27 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pionierstraat 2, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom