Dirtopia Trail Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dirtopia Trail Lodge is in die buitewyke van Stellenbosch op 'n plaas genaamd Delvera geleë. Dié lodge is lekker naby Butterfly World, Wiesenhof Wildpark Privaat Natuurreservaat, Le Bonheur Krokodilplaas en Drakenstein Leeupark.

Ons het 6 kamers: 4 in die hoofhuis en 2 aparte kamers. 2 Van die kamers deel 'n badkamer en die ander 4 het en suite-badkamers. Linne en handdoeke word voorsien. Die wittebrood-suite het 'n kombuisie en 'n sitarea. Verder het elke kamer 'n TV met 'n paar kanale, 'n waaier, verwarmer, en gratis WiFi.

Daar is ook 'n gemeenskaplike kombuis en sitkamer, braai-area, swembad, konferensiegeriewe en veilige parkeerplek op die perseel.

Die lodge is op dieselfde perseel as Dirtopia Trail Centre, 'n bekende buitelugwinkel wat permitte vir stap- en bergfietsroetes op die plaas verkoop. Die sentrum verkoop ook allerlei avontuurpakkette vir spanbousessies, gesinne, groepe en klubs op die plaas en die omliggende omgewing. Doendinge in die omgewing: wynproe, voetslaan, swem, fietsry, en bergfietsry!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Wynkelder
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Internet
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dirtopia Trail Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R860 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za