Dlinza Forest Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dlinza Forest Accommodation is in die historiese dorpie Eshowe in Zululand geleë. Die houthuisies is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n woudwegbreek ver van die stad se gedruis. 'n Warm Zululandse welkom wag op jou en jou gerief is Alan en Bev, die gashere, se prioriteit.

Daar is 4 selfsorg-houthuisies wat slaapplek vir 'n maksimum van 2 volwassenes en 2 kinders het. Elke houthuisie is ten volle toegerus en beskik oor 'n kombuis, sitarea, badkamer en 'n slaapbank vir 2 kinders. Al die houthuisies het 'n onderdakstoep, braaigeriewe, 'n TV met DStv en veilige parkeerplek.

Die tuin grens aan die inheemse Dlinza-woud van 250 ha - een van verskeie pragtige woude in Zululand. Die woud is maklik bereikbaar en is tans gewild onder voëlkykers van oraloor.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dlinza Forest Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za