Munster Akkommodasie by Dolphin Bay Beach House | LekkeSlaap
+25

Dolphin Bay Beach House

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 640, Sir Harry Lauder-rylaan 2, Munster, 4278, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 500 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

Dolphin Bay Beach House staan teen die randjie van die strand en het 'n luisterryke uitsig oor die vleiland, strand en strandmeer. Wandel oor die grasperk, deur die hek en jy is by die mees ongerepte, mees beskutte strand aan die ganse Suidkus. Hier sal jy absolute rus en vrede ervaar, ver van die ondraaglike skares af.

Dié huis bied slaapplek vir 12 gaste in 5 slaapkamers. Drie van die kamers het dubbelbeddens, 1 van die kamers het 2 enkelbeddens, en daar is 'n dubbelslaapkamer met 4 enkelbeddens. Twee van die kamers met dubbelbeddens het en suite-badkamers, en daar is nog 2 badkamers en 'n gaste-toilet. Die hoofslaapkamer en die dubbelslaapkamer het lugversorging en die res van die kamers het plafonwaaiers. Al die slaapkamers het pragtige uitsigte oor die see.

Die ruim houtdek op die boonste vloer bied 'n uitsig oor die see en die gedeeltelik bedekte veranda op die onderste vloer kyk ook uit oor die see. Agter die huis is daar 'n ommuurde kuierplek met 'n ingeboude braaiplek. Die boonste dek het 'n klein Weber en die onderste veranda het 'n groot Weber en 'n gasbraai met 4 koppe.

Die huis is volledig toegerus met alles wat jy benodig vir gerieflike verblyf, soos DStv, kringklank, en daar is TV in die hoofslaapkamer. Die kombuis is toegerus met 'n dubbeldeur-yskas en 'n diepvrieskas, daar is ook 'n ekstra diepvrieskas in die motorhuis. Die dubbelmotorhuis aan die agterkant van die huis is volledig ommuur en het 'n hek. Die oprit se hek en die motorhuisdeur word beheer deur middel van afstanbeheer. Die huis het 2 alarmstelsels - een binne en een buite. Dié stelsels is gekoppel aan Chubb se 24 uur-gewapende reaksie.

Dolphin Bay Beach House is 'n plekkie om te onthou en ons gaste keer gereeld terug. Karin en Mike nooi jou uit om hierdie puik vakansiehuis te beleef!

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 10 resensies vir Dolphin Bay Beach House
Netheid
4.9/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Erfdeel 640, Sir Harry Lauder-rylaan 2, Munster, 4278, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Dolphin Bay Beach House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 12)
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 640, Sir Harry Lauder-rylaan 2, Munster, 4278, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGZhZGVjMDc0LTY2MTUtNDQ2NS1iMDlkLThlYmJlYWVmODFlOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 500  per nag (plek vir 12) 10 5 1 5 640 Portion 2 Sir Harry Lauder Drive Munster 4278 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -30.99812 30.26746
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za