Bloubergstrand Akkommodasie by Dolphin Beach H106 | LekkeSlaap
+20

Dolphin Beach H106

4 resensies
Selfsorg

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 4 resensies vir Dolphin Beach H106
Netheid
4.0/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.3/5
Cecil O - Okt 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Cecil O
Gesin met tieners

Verblyf is skoon en netjies met 'n baie mooi uitsig oor Tafelberg en perfek geleë.

Die verblyf is alles wat ons nodig gehad het. Baie mooi skoon en netjies. Woonstel is redelik modern. Die enigste klagte is dat ons nie 'n skoonmaker gekry het nie, al het ons spesifiek vir een gevra. Gelukkig het ons nie te veel skottelgoed ens. gehad nie.

Dolphin Beach H106's terugvoer

Beste Cecil,

Dankie dat u die tyd geneem het om vir ons 'n resensie te skryf. Ons waardeer u terugvoer.

Vriendelike groete
Dolphin Beach H106

Dolphin Beach H106
Anna R - Mei 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anna R
Gesin met tieners

Lieflike plek wat ons beslis weer sal besoek.

Hierdie was een was die beste verblyfplekke wat ons in 'n lang tyd besoek het. Die woonstel was skoon en goed toegerus. Oorgenoeg stoorplek wat jy nie altyd by 'n vakansie bestemming kry nie.

Dié resensie is vertaal,kliek hierom die oorspronklike weergawe te sien.

Lovely place which we will definitely visit again.

This was one of the most enjoyable stays we've had in a long time. Apartment was clean and very well equipped. Ample storage space which you do not always find in a holiday destination.

Jy lees die oorspronklike resensie,kliek hierom die vertaalde weergawe te sien.

Yvette L - Jun 2017
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
2/5
Yvette L
Saam met vriende

Duiwenes op die stoep!

Ons het Dolphin Beach H106 gekies hoofsaaklik vir die ongelooflike uitsig vanaf die stoep, ongelukkig het ons nie veel gebruik van die stoep gehad nie aangesien 'n paar duiwe op die stoep nes gemaak het. Met die gevolg dat die stoep die heeltyd vol duiwemis en vere was. Die duiwenes het ook veroorsaak dat die woonstel baie goggas gehad het. Die woonstel se sindelikheid het ook veel te wense oorgelaat. Boonop was die stoep se drein verstop, met die gevolg dat die helfte van die stoep oorstroom het toe dit gereën het vir 'n dag.

Jeanine L - Mei 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jeanine L

Ongelooflik lekker gebly.

Alles was perfek soos ons dit verwag het. Die eenheid was silwerskoon en netjies met alles en meer in as wat ons nodig gehad het. Die enigste ding wat ek graag wil voorstel is dat daar gekyk word deur die kompleksbestuur om trollies beskikbaar te stel om bagasie na en van die eenheide te kan neem. Dit was ongerieflik om 'n paar keer op en af te geloop het met bagasie.

Vanaf R1 350
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 350
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 350
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dolphin Beach Hotel, Marinerylaan, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDA5NmY3M2EyLTlmODktNGQ5NC1iYzczLTI1ZDkwZjk1YjA3Zg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 350  per nag (plek vir 6) 4 5 1 5 Dolphin Beach Hotel, Marine Drive Bloubergstrand 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -33.822282 18.47739
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za