Table View Akkommodasie by Dolphin Beach Holiday Home | LekkeSlaap
+19

Dolphin Beach Holiday Home

3 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Lincoln-singel 34, Dolphin Beach, Table View, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 100 per nag (vir 6 persone)

Beskrywing

Dolphin Beach Holiday Home is 'n selfsorgvakansiehuis in Dolphin Beach in Table View. Dit is net 3 minute se stap van 'n strand af wat baie gewild onder vlieërbranderryers is. Die huis is ideaal vir 'n gesinsvakansie of vir vlieërbrander- en branderplankryers.

Die huis het slaapplek vir 6 gaste in 3 slaapkamers en die beddens kan geskuif en verander word na gelang van die aantal gaste. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 1 of 2 enkelbeddens. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Die tweede en derde slaapkamers deel 'n tweede volledige badkamer met 'n bad en 'n stort.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorgverblyf en sluit wasgoedgeriewe in. Die gerieflike sitkamer het 'n TV met sekere DStv-kanale of Netflix en Showmax en onbeperkte WiFi is beskikbaar.

Die huis het 'n binnehof met 'n tafel, stoele en 'n omheinde tuin. Braaigeriewe en veilige parkeerplek vir 1 voertuig word voorsien, sowel as nog 2 ekstra parkeerplekke op die perseel.

Let asb. op dat 2 katte op die perseel woon en hulle word met 'n outomatiese voerder gevoer. Hulle mag dalk in die huis rondloop.

Slaapplek

’n Bespreking by Dolphin Beach Holiday Home sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 3 resensies vir Dolphin Beach Holiday Home
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Lincoln-singel 34, Dolphin Beach, Table View, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Dolphin Beach Holiday Home het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 100
per nag (vir 6 persone)
Vanaf R2 100
per nag (vir 6 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Lincoln-singel 34, Dolphin Beach, Table View, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAADa5h1Mr1b9mTRUFJaGED3FUPve0SCzO67lpN8g9J55fMhOE1CN?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 100  per nag (vir 6 persone) 3 5 1 5 34 Lincoln Crescent Dolphin Beach 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 12:00-19:00 12:00 -33.826444719382 18.482186347246
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za