Yzerfontein Akkommodasie by Dolfin House | LekkeSlaap
+59

Dolfin House

Winteraanbod 15% af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 11 Mei 2020 tot 31 Aug 2020.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dolfynstraat 7, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 590 R1 352 per nag (vir 6 persone)

Beskrywing

Dolphin House is 'n gerieflike, ruim selfsorg-eenheid op die grondvloer van die huis wat perfek in die prentjiemooi hawedorpie, Yzerfontein, aan die Weskus geleë is.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste badkamer is ruim en het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede badkamer is en suite.

Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 2 enkelbeddens in die derde slaapkamer.

Die leefarea is oopplan en die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, oond, ketel, koffiemasjien, toebroodjierooster, broodrooster, eierkoker en ingeboude kaste met eetgerei, breekware, potte en panne, asook braai-toerusting.

Die sitkamer het gemaklike rusbanke en ‘n TV met volledige DStv-pakket. Daar is ook WiFi 24 uur per dag.

Daar is 'n wasmasjien op die perseel wat gaste kan gebruik.

Die leefarea lei na ‘n beskutte tuin met buite-sitplek met 'n hek. Gaste kan lekker afkoel in die swembad en heerlik kuier by die onderdakbraai-area. Let asb. daarop dat die swembad nie omhein is nie.

Die eenheid is baie sentraal geleë en stapafstand vanaf die hoofstrand en bekende 16 myl-strand, Yzerfontein sportklub, winkels, restaurante, skoonheids- en haarsalon en net 50 m vanaf die karavaanpark.

Slaapplek

’n Bespreking by Dolfin House sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 53 resensies vir Dolfin House
Netheid
4.7/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Dolfynstraat 7, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Gaste dink Dolfin House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 590
Vanaf R1 352
per nag (vir 6 persone)
was R1 590
Vanaf R1 352
per nag (vir 6 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dolfynstraat 7, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA78dSXegjb2aZVJmuFTPiEY27KCuHBIurrQvdjFbILYGsBwtjRn?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 590, nou Vanaf R1 352  per nag (vir 6 persone) 53 5 1 5 7 Dolfyn Street Yzerfontein 7351 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -33.337901077987 18.164018183467
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za