Clarens Akkommodasie by Domaine Sérénité | LekkeSlaap
+25
+25

Domaine Sérénité

  • Vanaf R850 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Verliesfonteinplaas, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Domaine Sérénité bied verblyf in bekoorlike selfsorgkothuise op 'n werkende privaat plaas in die berge, net 18 km van Clarens af. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n rustige wegbreek, ver van die besige stadslewe.

Verblyf by Domaine Sérénité word aangebied in 2 kothuise wat elk uniek en smaakvol versier is. Kothuis Goji is 'n afgesonderde eenheid met slaapplek vir 6. Die kothuis het 3 slaapkamers waarvan 1 'n solderkamer is. Studio Cubique het slaapplek vir 3 volwassenes en 1 kind.

Elke kothuis het 'n kombuis wat volledig toegerus is vir selfsorg, 'n sitkamer met 'n kaggel en 'n groot ingeslote stoep met ingeboude braaigeriewe.

Parkeerplek is beskikbaar in 2 motorhuise en daar is nog onderdakparkeerplek op die perseel vir 2 ekstra voertuie. Domaine Sérénité is omgewingsvriendelik en alle elektrisiteit word deur sonpanele en windmeul-turbines opgewek. Gas-geisers word gebruik om te verseker dat daar altyd warm water is.

Die vakansieplaas is net 20 minute se ry van Clarens se middedorp af, en om dit te bereik moet mens op ongeseëlde gruispaaie ry. Die omgewing bied majestueuse uitsigte oor die Lesothoberge in die verte.

Die Drakensberg-omgewing bied 'n verskeidenheid doendinge om almal besig te hou, insluitend kunsvlieghengel, voetslaan, perdry, 4x4-roetes en reptielskoue.

Kenmerke

Swembad
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Engels
  • Frans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 23 resensies vir Domaine Sérénité
Netheid
4.8/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Verliesfonteinplaas, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Domaine Sérénité het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R850
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R850
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R850
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Verliesfonteinplaas, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDcwMWFjZDczLTQ3NTMtNDhjZi04YTNkLTg5Y2YzMjBmMTA3Ng?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R850  per nag (vir 2 persone) 23 5 1 5 Farm Verliesfontein Clarens 9707 Vrystaat 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -28.582533843737 28.427732884884
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za