Donna's View

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Donna's View is ’n smaakvol versierde strandhuis geleë bokant ’n Blouvlagstrand in die kusdorpie Trafalgar aan KwaZulu-Natal se suidkus. Die perseel is naby Mpenjati Natuurreservaat.

Die huis is in 2 aparte seksies verdeel, ’n bo- en onderkant, en dit kan apart bespreek word. Elke verdieping bied ’n ruim kombuis, sit- en eetarea, 2 badkamers en ’n groot dek. Die boonste verdieping het 4 slaapkamers en bied slaapplek aan 7 gaste. Gaste kan die see-uitsig vanaf die boonste verdieping geniet. Die onderste verdieping het 3 slaapkamers en bied slaapplek aan 7 gaste. Elke verdieping beskik oor ’n TV met sekere DStv-kanale, ’n wasmasjien en tuimeldroër. Die huis is baie veilig en het gewapende reaksie-sekuriteit.

Daar is restaurante in die area en die ligging bied toegang tot vele kindervriendelike doendinge wat die Suidkus bied.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Donna's View gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (plek vir 7)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za