St. Francisbaai Akkommodasie by Doolittle Place - St Francis Bay | LekkeSlaap
+9

Doolittle Place - St Francis Bay

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lyme-weg Suid 15, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R165 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Doolittle Place in St Francisbaai is 'n splinternuwe, grondvloer-eenheid wat beskik oor selfsorg-geriewe.

Doolittle Place bied gerieflike verblyf vir 2 volwassenes. Die eenheid beskik oor 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n klein aantrekkamer. Daar is 'n dubbelslaapbank in die leefarea. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die oopplan-kombuis is goed toegerus met 'n yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond. Braaigeriewe en DStv is ook beskikbaar.

Gaste kan gebruik maak van die gemeenskaplike wasgoeddienste. Daar is veilige parkeerplek vir 'n motor en 'n vasmeerplek vir 'n boot beskikbaar op die perseel, 'n elektroniese hek en aparte alarmstelsel.

Dié pragtige klein eenheid is geleë in die middel van die dorp, op die St Francis-gholfbaan, reg langs die muurbalbaan en binne stapafstand van die strand en Bruce's Beauties, die ewigdurende branders perfek vir branderplankry. 'n Superspar, verskeie topgehalte restaurante en winkels en al die ander geriewe is stapafstand vanaf die eenheid.

Slaapplek

’n Bespreking by Doolittle Place - St Francis Bay sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 17 resensies vir Doolittle Place - St Francis Bay
Netheid
4.8/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Lyme-weg Suid 15, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
  • Gaste dink Doolittle Place - St Francis Bay het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R165
per nag (plek vir 2)
Vanaf R165
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lyme-weg Suid 15, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGZiMzRlOGNhLWM0MTEtNDVhOC04M2E0LTFjODI0YzE4NTFjMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R165  per nag (plek vir 2) 17 5 1 5 15 Lyme Road South Saint Francis Bay 6312 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.1627329 24.8252465
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za