Doornkraal Kothuis

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Doornkraal Kothuis is 'n huis met 2 en suites-kamers en 'n kombuis wat vir selfsorg of B&B bespreek kan word en is op 'n werkende plaas in De Rust geleë. Dit is ideaal vir 'n gesin wat op soek is na gerieflike plaasstyl-verblyf weg van die stad se gejaag.

Die huis is volledig gemeubileer en beskik oor 2 en suite-slaapkamers en 'n oopplan-leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelhemelbed en die tweede slaapkamer het 3 enkelbeddens. Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n yskassie, oond en gasstoof, eetgerei en breekware en ander kombuisbenodighede.

Gaste kan die braaigeriewe buite benut en lieflike uitsigte oor die omgewing bewonder. Daar is ook lekker doendinge op die perseel, soos staproetes, fietsrypaadjies, perdry, skape oppas en ander seisoenale aktiwiteite eie aan 'n plaas.

De Rust is 'n hegte plaasgemeenskap en die dorpie bied sonderlinge winkeltjies en interessante karakters. Die omgewing lewer ook van die land se beste olyfolie en verruklike wyn, tuisgebak, kuns en kunsvlyt, groente en vrugte op.

Slaapplek

'n Bespreking by Doornkraal Kothuis sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 3 persone
1 x Koningingrootte-bed
1 x Enkelslaapbank

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis

Konferensie geriewe

  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Doornkraal Kothuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 615 R2 354 per nag (vir 5 mense)

Kry 10% af vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za