Doringbos Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Doringbos Lodge is geleë op 'n juweel van 'n eiendom met volop wildlewe, netjies weggesteek tussen die heuwels aan die buitewyke van Parys. Heuwels, klowe, valleie en woude vorm 'n mosaïek van natuurlike skoonheid, wat meer as 2000 jaar gelede geskep is toe die grootste, oudste meteoriet in die geskiedenis die aarde getref het. Die asemrowende kring rondom die krater is sigbaar met sononder vanaf die uitkykpunt bo-aan Langrant.

Ons bied verblyf in 6 moderne, dubbelverdieping-, selfsorg-chalets wat omring word deur die natuurlike plantegroei wat 'n privaat nis vir moeë stadsjapies bied. Elke eenheid bied slaapplek vir 4 tot 8 mense, met 2 badkamers in elke chalet waarvan een en suite is, buiten die wittebrood-suite. Elkeen van die chalets het gasverwarmers, 'n TV met DStv-kanale, 'n kluis en alarmstelsel. Daar is ook braaigeriewe by elkeen.

Die Pendoring Chalet is ons rolstoelvriendelike eenheid en het meeste van die benodigdhede. Sonkrag is ons hoofbron van elektrisiteit en ons bydrae tot 'n meer volhoubare toekoms. Ons het ook 'n verhitte plonspoel en 'n boma.

By Doringbos Lodge is ideaal geleë vir eko-toerisme, fotografie en wildkyk. Dis 'n ware paradys vir voëlkyk-entoesiaste, stappers en bergfietsryers. Die plaas is omhein deur moderne geëlektrifiseerde wildheinings en ons het meer as 15 wildspesies.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Doringbos Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za