Garsfontein Akkommodasie by Dream Guest House | LekkeSlaap
+13

Dream Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Carstens-singel 2, Garsfontein, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R760 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Dream Guest House is in die stil, veilige woonbuurt genaamd Garsfonetin in Pretoria-Oos.

Ons het 3 slaapkamers. Elke slaapkamer is ingerig met 2 enkelbeddens of 'n koningingrootte-bed en elke kamer het toegang tot 'n en suite-badkamer of 'n aparte badkamer. Elkeen van die beddens het 'n elektriese kombersie. Elke kamer het 'n TV en 'n elektriese ketel met tee, koffie, suiker en melk. Ontbyt word nie bedien nie, maar daar is 'n eetkamer wat ten volle toegerus is met 'n yskas, mikrogolfoond, broodrooster, eetgerei en breekware.

Die gastehuis het ook 'n gemeenskaplike kombuis en 'n gastesitkamer met 'n grootskerm-TV vir gaste se vermaak. Gratis WiFi is beskikbaar op die perseel. Dream Guesthouse is net sowat 5 minute se ry vanaf Menlyn-winkelsentrum, een van die grootste winkelsentrums in Suid-Afrika (daar is ook 'n casino), 10 minute se ry vanaf Grove-winkelsentrum en die Universiteit van Pretoria, en O.R. Tambo is sowat 40 km van ons af.

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Hier praat ons

  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Skuifie-projektor
  • Televisie
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Ligging

  • Carstens-singel 2, Garsfontein, Pretoria, 0181, Gauteng
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R760
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R760
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Carstens-singel 2, Garsfontein, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGYwOTVmYWYzLTk3ZGQtNGU0OC05ZGI1LTgzM2FiNGI3NTE3Ng?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R760  per nag (vir 2 persone) 2 Carstens Crescent Garsfontein 0181 Gauteng 086 999 0018 12:00-18:00 10:00 -25.802548 28.30469
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za