Dreamcatcher

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Is jy op soek na privaat selfsorgverblyf in die Kaap, sowat 90 minute se ry vanaf Kaapstad? Dan is Dreamcatcher 'n wonderlike rusplek. Hiér sal jy rustig kan bly, weg van die stad se gewoel.

Dreamcatcher kan slaapplek vir 6 gaste bied en het 3 dubbelslaapkamers en 3 badkamers, waarvan 2 en suite is. Die slaapkamer is pragtig ingerig en het lugversorging. Die badkamers is ruim, modern en beskik oor al die nodige toerusting. Die fyner detail sal jou bederf en laat tuis voel.

Die groot kombuis-, sitkamer- en eetkamer-area is oopplan met 'n hoë boogplafon. Dis lig en lugtig, pragtig gemeubileer, maar steeds gemaklik. Vir daardie koeler aande is daar 'n groot kaggel waar gaste lekker met 'n glasie wyn voor die TV met DStv kan ontspan. Lekker wyn is beskikbaar by enige van die nabygeleë wynlandgoedere.

Die eet-/sitkamer het 2 groot dubbeldeure wat na die beskutte patio lei waar daar 'n swembad, buite-sitarea en braai-area is. Die kombuis is goed toegerus met 'n oond en kookplaat, mikrogolfoond, groot yskas en als wat gaste nodig sal hê om 'n groot maaltyd voor te berei. Indien gaste verkies om binne te eet, in plaas van by die buitebraai-area, is daar 'n eetkamertafel met sitplek vir 8 gaste.

Vir diegene wat moet werk gedurende hul wegbreek, is daar in elke kamer gratis WiFi beskikbaar.

Dreamcatcher is 500 m vanaf die historiese Tulbagh geleë en net 50 m vanaf Kerkstraat en verskeie restaurante. Ontspan en geniet die rustige plaasatmosfeer.

Slaapplek

'n Bespreking by Dreamcatcher sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Italiaans

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dreamcatcher gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za