Driver's Deck

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Driver's Deck bied gerieflike akkommodasie in 'n vakansiehuis met slaapplek vir 10 en see-uitsigte van die dek af. Die vakansiehuis is in Southbroom geleë, naby die Southbroom Gholfbaan en die strand.

Die huis het 4 dubbelslaapkamers met en suite-badkamers, 'n TV-kamer, 'n sitkamer, eetkamer, kombuis en 'n wasarea. Die huis het slaapplek vir tot 8 gaste. Die aangehegte kothuis het 'n slaapkamer, sitkamer, badkamer en slaapplek vir 2 gaste. Die slaapkamers is met 'n skeepstema versier en lei na die swembad (met 'n veiligheidsnet). Die slaapkamers het en suite-badkamers en is toegerus mt plafonwaaiers. Die huis is toegerus met 'n TV met DStv.

Daar is 24 uur-sekuriteit en die erf is volledig omhein, wat beteken dit is troeteldiervriendelik. Gaste het toegang tot die dubbelmotorhuis en die huis word op versoek skoongemaak teen 'n addisionele koste.

Southbroom Gholfbaan is net 3 minute van die huis af en daar is ook heelwat ander gholfbane in die area. Besoekers kan die Bushbuck-staproete verken, die Krokodilplaas besoek en by die lieflike restaurante in die area gaan eet. Ander doendinge in die omliggende area sluit vierwielmotorfietsry, perdry, kaskarre, visvang, walvis- en dolfynkyk-toere in. Die Wild Coast Sun Casino is net 25 km van ons af en die Oribi Gorge en die wilde "gorge-swaai" en rotsklim is minder as 'n uur van ons af.

Slaapplek

'n Bespreking by Driver's Deck sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Kindermatras vir 1

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 volwassenes en 4 kinders
1 x Koningingrootte-bed
2 x Kindermatras vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Gedeelde DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Driver's Deck gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 500 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za