Gooderson DumaZulu Lodge & Traditional Village

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Gooderson DumaZulu Lodge & Traditional Village is in die hartjie van Zululand naby Hluhluwe geleë. Alhoewel dit 'n natuurlike en terapeutiese omgewing is waar gaste weer met die natuur kan verbind, is dit ook 'n lewende kulturele museum.

Verblyf word aangebied in 21 ronde etniese hutte, waarvan 19 2-enkelbedkamers is en 2 dubbelkamers is. Al die hutte is in 'n sirkel om 'n sentrale beeskraal in ware Zulu-tradisie gerangskik. Elke eenheid beskik oor 'n en suite-badkamer en geriewe soos lugversorging en koffie- en teemaakgeriewe. Die buitekant is ontwerp om die verskillende stamme van Suidelike Afrika te verteenwoordig - Zulu, Swazi, Noord-Sotho, Xhosa, Venda, Tsonga en Ndebele. Aan die binnekant is dit gemaklik ingerig en weerspieël dit die ongekunstelde, warm kleure van Afrika.

By DumaZulu Lodge is daar 'n voë- en reptielpark met die die grootste versameling slange in noord Zululand het asook krokodille en verskeie ander reptiele. Die lodge bied ook wildritte en verskeie toere aan sodat gaste die ware rykdom van die Zoeloe-koninkryk kan ervaar.

Gaste kan ook tradisionele KwaZulu-Natalse gasvryheid by DumaZulu Traditional Village, Suid-Afrika se grootste kulturele dorp, ervaar. Kom kyk hoe die inwoners spiese, skilde, mandjies en kleipotte maak, of leer meer oor die sangoma. Hiér sal jy die drom- en dansritmes van Afrika ervaar.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Gooderson DumaZulu Lodge & Traditional Village gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 730 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false