Fouriesburg Akkommodasie by Dunelm Gasteplaas | LekkeSlaap
+36
+36

Dunelm Gasteplaas

  • Vanaf R950 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 34 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R711, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Dunelm Gasteplaas naby Clarens, is in die middel van die Brandwaterkom, in die Oos-Vrystaat naby die Lesotho-grens en is 'n gerestoureerde historiese herehuis op 'n wildsplaas geleë tussen die berge.

Verblyf word gebied op 'n werkende gasteplaas in ruim selfsorg-eenhede met pragtige uitsigte oor die plaas en sandsteenberge. Elke eenheid het 2 slaapkamers met en suite-badkamers. Elke kamer beskik oor 'n verwarmer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak, toilet, en verhitte handdoekreling. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en die en suite-badkamer is ingerig met 'n bad, wasbak, toilet, en verhitte handdoekreling. Al die nodige linne, komberse en handdoeke word voorsien. Komplimentêre sjampoe, vloeibare seep, lyfroom en seep vir die eerste nag is ingesluit.

Die ruim leefarea het 'n ingeboude gaskaggel en is smaakvol versier. Die leefarea beskik ook oor 'n LCD-TV met sekere DStv-kanale. Die kombuis is volledig toegerus met houtkaste en granietblaaie. Koffie- en teemaakgeriewe word voorsien, asook 'n komplimentêre glasie sjerrie of alkoholvrye vonkelwyn met aankoms. Ons voorsien ook 'n komplimentêre sak houtskool vir die eerste braai. Elke onderdakstoep het ingeboude braaigeriewe. Die eenhede word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae, en parkeerplek word voorsien.

Gaste kan heerlik op die plaas gaan stap, wildkyk en swem. Die plaas is op die R711, net 17 km van Clarens af op pad na Fouriesburg.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Begeleide Wildritte Ingesluit
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Wynkelder

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 24 resensies vir Dunelm Gasteplaas
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • R711, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Dunelm Gasteplaas het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 34 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R711, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQxN2M3ZDU3LWZiYjYtNGJmNC04ZGExLTg1YWY1MjViYmY4OA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R950  per nag (plek vir 2) 24 5 1 5 R711 Clarens 9707 Vrystaat 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -28.634630142037 28.369799852371
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za