Dunvegan Execu Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dunvegan Execu Lodge is 'n elegante, luukse 4-ster-gastehuis soos deur die Toerismeraad gegradeer. Ons is ideaal geleë in die rustige woonbuurt van Dunvegan, Edenvale, met maklike toegang tot die N3, N12 en R24 na die lughawe. Dié privaat gastehuis word deur die eienaar bestuur en dit is ideaal vir oordeelkundige sakelui en vakansiegangers.

Ons het 8 suites (rook is verbode in al die suites). Elke suite het 'n unieke karakter en die afwerking is puik. Al die kamers het privaat ingange, TV's met DStv (Hotelpakket), kluise, yskassie, en koffie- en teemaakgeriewe. Elke kamer het ook 'n en suite-badkamer met 'n stort of 'n stort-oor-bad.

Dunvegan Execu Lodge is in 'n veilige omgewing agter 'n sperboom en daar is patrollies aan diens. Ons het 2 parke en ons is op die grens van die Glendower Gholfbaan, so dit is ideaal vir diegene wat soggens of saans 'n draffie wil vang.

Die OR Tambo Internasionale Lughawe is slegs 10 minute van ons af en ons is na aan winkelsentrums soos Eastgate, die Bedfordsentrum en die nuwe Greenstone-winkelsentrum geleë. Vir die gholf-liefhebber is daar die nabygeleë Glendower Gholfbaan en die Royal Johannesburg Gholfklub. Volop restaurante wat goeie etes bedien. Die Emperors Palace is 10 minute se ry van ons af en die Ellispark Stadion is 14 km van die lodge af.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gimnasium
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dunvegan Execu Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 160 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]