Kenton-on-Sea Akkommodasie by Dunwerkin Self-Catering Accommodation | LekkeSlaap
+18

Dunwerkin Self-Catering Accommodation

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Parkweg 5, Kenton-on-Sea, 6191, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R820 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Dunwerkin Self-Catering Accommodation is geleë in die prentjiemooi kusdorpie Kenton-on-Sea teen die Sonskynkus van die Oos-Kaap. Dit lê tussen die natuurskoon tussen die Bushmans- en Kariega-riviere en Kenton-on-Sea is halfpad tussen Oos-Londen en Port Elizabeth met 'n hele aantal natuurreservate, wildparke en watersporte.

Verblyf word aangebied in 2 eenhede met slaapplek vir 4 mense in elk. Elke eenheid het 2 slaapkamers en het slaapplek vir 8 gaste in totaal.

Die hoofslaapkamers het elk 'n keuse tussen 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke kamer het 'n en suite-badkamer. 'n Kampkot word voorsien vir babas en kleuters. Ondervloerse verhitting en plafonwaaiers is beskikbaar in die leefareas en slaapkamers.

Elke eenheid het 'n oopplan-kombuis wat volledig toegerus is vir selfsorg en beskik oor 'n skottelgoedwasser, mikrogolfoond, yskas-vrieskas en stoof. In die geval van 'n kragonderbreking het ons 3 noodligte, flitsligte, kerse, 'n gas-ring, 'n gas-lig en 'n hutspot beskikbaar. Die leefareas is gemaklik en het 'n platskerm-TV, DVD-speler en volledige DStv. Daar is ook WiFi, speelkaarte, speletjies en nuwe gehalte-tydskrifte beskikbaar.

Albei eenhede het 'n privaat patio met 'n vlekvryestaal-braai en Weber-ketelbraai, gemaklike patiomeubels, 'n infrarooi-patioverwarmer en wegvoubare afdakkie.

Die perseel is veilig omhein en ommuur met 'n sekuriteitstraal in die tuin en daar is 'n interkom. Die huis is verbind aan 'n gewapende reaksie-eenheid. Daar is ook 'n toesluitmotorhuis beskikbaar vir jou voertuig. Daar is wasgoedgeriewe in die motorhuis.

Dit is in 'n stil en beskutte area en net 5 minute se stap (500 - 600 m) van die winkels, restaurante, Kariega-rivier en -strandmeer en Kenton se Blouvlagstrand af.

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 28 resensies vir Dunwerkin Self-Catering Accommodation
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Parkweg 5, Kenton-on-Sea, 6191, Oos-Kaap
  • Gaste dink Dunwerkin Self-Catering Accommodation het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R820
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R820
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Parkweg 5, Kenton-on-Sea, 6191, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGE0MzdiYzc4LWY5ODEtNDgzOC1iM2Y5LWMxODUyZDM3NzM2Yg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R820  per nag (vir 2 persone) 28 5 1 5 5 Park Road Kenton-on-Sea 6191 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.682608308543 26.676363050938
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za