Durbanville Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Durbanville Guest House is sentraal geleë in die veilige en vreedsame voorstad, Durbanville. Ons bied 'n gerieflike en ontspanne omgewing vir sakereisigers of toeriste, en probeer so 'n onvergeetlike verblyf aan ons gaste te verseker.

Die gastehuis het 8 slaapkamers en kan tot 17 gaste huisves. Elke ruim, oopplan-ateljee-woonstel het 'n private badkamer met 'n bad en stort, 'n leefarea, en gerieflike kombuisie met 'n yskassie, mikrogolfoond, ketel en broodrooster. A.g.v. waterbeperkings, sal daar van gaste verwag word om hul stortwater op te vang sodat dit in die tuin hergebruik kan word.

Gaste kan totale privaatheid geniet aangesien elkeen van die eenhede 'n eie ingang en veilige parkeerplekke op die perseel het. Elke besoeker kry 'n afstandbeheertoetstel vir die hek en jy kan kom-en-gaan soos dit jou pas.

Die rustige ontwerperstuin bied gaste 'n ontspanne onthaalplek binne die veilige erf. Durbanville het 'n wye verskeidenheid doendinge vir toeriste in Kaapstad se noordelike voorstede. Ons is omring deur wêreldklas wynplase, winkelsentrums en ontspanningsentrums, gholfbane en strande en daar is geen tekort aan aktiwiteite wanneer jy hier tuisgaan nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Durbanville Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za