LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Durham Road 31 | LekkeSlaap
+20

Durham Road 31

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Durham-keeromstraat 31, West Beach, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 178 per nag(plek vir 6)

Beskrywing

Durham Road 31 is in 'n stil keeromstraat in die gegoede buurt, West Beach, geleë. Ons bied aan gaste 'n rustige wegbreekplek in die hartjie van Kaapstad. Die moderne selfsorghuis is ideaal vir 'n groot groep vriende of 'n gesin.

Hierdie vierslaapkamerhuis se hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort, en daar is 'n koningingrootte-bed in die tweede slaapkamer. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en die vierde slaapkamer het 'n slaapbank wat net geskik is vir 2 kinders.

Die ruim oopplan-sitkamer is luuks gemeubileer en minimalisties opgemaak. Die sitkamer bied 'n plasma-TV met DStv en 'n DVD-speler. Die ruim eetkamer bied sitplek vir 8 mense om die groot tafel. Die ten volle toegeruste kombuis beskik oor 'n mikrogolf, tuimeldroër, wasmasjien, skottelgoedwasser en 'n groot ontbythoekie met stoele waar gaste gerieflik kan eet.

Buite is daar 'n patio wat gemeubileer is vir el fresco-etes, daar is braaiplek en die tuin en daar is 'n swembad. Die ander geriewe sluit 'n CD-speler, internet-toegang, 'n alarmstelsel en elektriese heining in.

Alle nodige geriewe soos die MyCiti-bushalte, verskeie winkelsentrums, restaurante, kroeë, Blouberg se pragtige strande, Tafelberg en 'n oorvloed doendinge is alles binne stap- of ry-afstand.

Slaapplek

’n Bespreking by Durham Road 31 sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelslaapbank
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard

Opsomming van Resensie

3.9 uit 5van 3 resensies vir Durham Road 31
Netheid
4.3/5
Diens
3.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
3.7/5

Ligging

  • Durham-keeromstraat 31, West Beach, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Durham Road 31 het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 178
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R2 178
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Durham-keeromstraat 31, West Beach, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ2YWRmZGEzLWRjYmEtNGYxNy1iZWE2LWJjYzc2Y2JiNjMxNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 178  per nag(plek vir 6) 3 5 1 4 31 Durham Close West Beach 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -33.807177660683 18.475751727819
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!