LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Dusk to Dawn Farm Guest House | LekkeSlaap
+41

Dusk to Dawn Farm Guest House

Gastehuis
  • Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 27 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm Wagendrift, Piet Retief, 2380, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 400 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Dusk to Dawn is 'n ruim plattelandse huis in die suidelike puntjie van Mpumalanga, die "plek waar die son opkom". Dusk to Dawn staan op 'n pragtige plaas van 1800 hektaar. Hier is heelwat boerdery-aktiwiteite, soos 'n groot, moderne varkboerdery, 'n melkery, beesboerdery, en mielies en hout word ook hier verbou. Hierdie aktiwiteite kan besigtig word op versoek.

Johann en Gudrun Engelbrecht het hul familiehuis omskep in 'n gerieflike halfweghuis vir toeriste en besoekers wat via die N2 op pad is na die Krugerwildtuin, of vanaf Gauteng na KwaZulu-Natal se Noordkus. Die Engelbrechts is die afstammelinge van Duitse sendelinge wat hulself in 1870 hier gevestig het. Hulle is die vyfde geslag en hulle praat steeds Duits by die huis.

Ons het 2 knus gesinseenhede genaamd Barbets Corner en Egrets View, 2 en suite-kamers genaamd Sunbirds View en Hadedas Nest, en 'n eksklusiewe kothuis genaamd Robins Rest. Elke eenheid is toegerus met lugversorging, koffie- en teemaakgeriewe, 'n yskassie en sekere DStv-kanale.

Die ontbyt word elke oggend met groot hartlikheid bedien. Sodra gaste soggens die helder eetkamer betree word hul bederf met heerlike kos. Ons het 'n uitgebreide spyskaart wat gaste kan bestudeer met die opgewekte getjilp van voëltjies in die agtergrond.

Vir aandete kan gaste hulself help in ons deli of 'n bederfpiekniek bestel. Ons groot verskeidenheid het iets vir almal, selfs avontuurlustige smulpape, en al die etes word elke week voorberei met vars produkte. Dié geregte word in jou kamer, in die tuinkamer met sy uitsig oor die swembad, of op die houtdek aan die onderkant van die tuin bedien. Gaste is natuurlik welkom om dit in die privaat eetareas van hul kamers of kothuis te nuttig. Elke eetarea is toegerus met luukse eetgerei, breekware, 'n yskassie en 'n mikrogolf.

Die tuin is 'n pretpark vir kinders - daar is 'n swembad wat deur sonkrag verhit word, 'n boomhuis met 'n klimraam en 'n hangmat. Johnny's Arc is daar vir kinders om plaasdiere, soos hoenders, eende, ganse, poue, skape en bokke van nader te leer ken.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Televisie
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 3 resensies vir Dusk to Dawn Farm Guest House
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Farm Wagendrift, Piet Retief, 2380, Mpumalanga
  • Gaste dink Dusk to Dawn Farm Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Mkhondo Mpumalanga
Vanaf R1 400
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 400
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 27 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm Wagendrift, Piet Retief, 2380, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRjNzFlYmU0LTFjZTktNDk0Yy1iOGZmLTA2NTAxOWE3YmZhMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 400  per nag (vir 2 persone) 3 5 1 5 Farm Wagendrift Piet Retief 2380 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -27.19497 31.00185
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!