Duwisib Guest Farm & Camping

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Duwisib Guest Farm & Camping bied maaltye en gedeelde selfsorg- of kampverblyf, en is op die randjie van die pragtige Namibwoestyn in Namibië se Hardap-streek geleë.

Duwisib Guest Farm & Camping beskik oor 5 kampplekke en verskeie eenhede en gastekamers. Die eenhede en gastekamers het elkeen 'n dubbelbed, 2 enkelbeddens of 3 enkelbeddens en het toegang tot 'n en suite-badkamer. Elke kamer geniet 'n unieke en fantastiese uitsig vanaf sy privaat stoep.

Elke kampplek het sy eie braai, kombuisarea en lopende water. Al die kampplekke maak gebruik van gemeenskaplike ablusiegeriewe.

Daar is 'n gemeenskaplike braai-area en 'n kombuis wat toegerus is vir basiese selfsorg met 'n yskassie, stoof, eetgereu en breekware. Die kombuis het ook 'n koffiestasie.

Ontbyt en ander maaltye word in die eetarea in die hoofgebou bedien. Die gasteplaas het gratis WiFi by die ontvangsarea, 'n swembad, 'n kroeg-area en 'n ou kasteel wat 'n historiese monument is.

Duwisib Guest Farm & Camping is die ideale oorslaapplek vir gaste wat wil asem skep op pad na besienswaardighede soos Sossusvlei, Lüderitz of die Visrivier-canyon.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Duwisib Guest Farm & Camping gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R280 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za