EBL Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

EBL ("elephant", "buffalo", "lion") Accommodation is in die prentjiemooi dorpie Graskop geleë. EBL Accommodation bied vriendelike selfsorgverblyf en is net 10 minute van God's Window en minder as 'n uur van die Krugerwildtuin af.

Verblyf word aangebied in 3 chalets en elke chalet het 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n sitkamer met 'n slaapbank en 'n toegeruste kombuis. Die chalets het kaggels, TV's en toegang tot hul eie braai-areas en dekke.

Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n bad. Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n oond, eetgerei en breekware. Linne en handdoeke word voorsien en die chalets word daagliks skoongemaak. EBL Accommodation is naby restaurante en snuisterywinkeltjies geleë.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na EBL Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za