Heroldsbaai Akkommodasie by Eddy Out | LekkeSlaap
+19

Eddy Out

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vaalkomstraat 2, Heroldsbaai , George, 6530, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Eddy Out is 'n luukse dubbelverdiepinghuis in Heroldsbaai, 'n pragtige en amper weggesteekte baai op die Tuinroete. Die selfsorghuis is perfek vir 'n gesin van 6 en is ten volle toegerus vir selfsorg. Kom kuier gerus en ontspan terwyl die uitsig jou asem wegslaan.

Daar is 'n lieflike sitkamer op die onderste verdieping wat na die houtdek met 'n swembad lei. In die sitkamer is gemaklike banke, 'n TV en eetarea. Daar is ook 'n aparte TV-kamer met volledige DStv op die boonste verdieping. Daar is ook 'n lekker beskutte braai-area wat ook oopgemaak kan word en na die dek lei. Die moderne oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof, yskas, oond, eetgerei, breekware en 'n aparte opwaskamer met 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien.

Daar is 3 slaapkamers in die ruim huis en elkeen spog met 'n balkon en 'n see-uitsig. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met bad, asook 'n koninggrootte-bed, en die ander 2 kamers het elk 'n dubbelbed en deel 'n badkamer met 'n bad en 'n stort.

Daar is veilige parkeerplek op die perseel en in 'n dubbelmotorhuis. 'n Alarmstelsel is ook in die huis beskikbaar.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 16 resensies vir Eddy Out
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Vaalkomstraat 2, Heroldsbaai , George, 6530, Wes-Kaap
  • Gaste dink Eddy Out het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vaalkomstraat 2, Heroldsbaai , George, 6530, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGY2YzQ4MzI3LTJmNjEtNDYzMS05Y2I0LTcyNDE5NDJjMDU5OA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 500  per nag (plek vir 6) 16 5 1 5 2 Vaalkom Street Herolds Bay 6530 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.04979526135 22.398326722075
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za