Eden Eco Cottages – Springerbaai

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Eden Eco Cottages – Springerbaai bied selfsorg-vakansiehuise wat in Springerbaai, 'n eko-kusontwikkeling 11 km vanaf Boggomsbaai, geleë is. Dit is ideaal vir 'n gesin wat op soek is na gerieflike verblyf naby die strand en weg van die gedruis van die stad af. Dit is ook ideaal vir natuurliefhebbers en voëlkykers.

Die ruim huis het 'n grasdak en gebruik sonkrag (met noodkragopwekker) en gas. Daar is 3 tot 4 slaapkamers met slaapplek vir 8 gaste. Die huise het kaggels. (Kliek op elke individuele eenheid om meer te sien).

Die kothuis word omring deur fynbos en daar is 'n oorvloed voëls en 'n hele paar boksoorte op die landgoed. Eden Eco Cottages – Springerbaai is stapafstand van die strand af met 'n houtpaadjie langs en die landgoed is net 20 minute se ry van Vleesbaai af en 28 km vanaf die middedorp van Mosselbaai. Die landgoed is omhein en daar is veiligsheidhekke wat lei na die strand.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Eden Eco Cottages – Springerbaai gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 550 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false