Eden Guest Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

As jy 'n naweekwegbreek soek, kan jy Eden Guest Lodge in Kempton Park sommer jou eerste keuse maak. Eden Guest Lodge verskaf eksklusiewe akkommodasie vir die oordeelkundige sakeman of toeris.

Daar is 10 ruim, pragtig versierde en luukse en suite-kamers, elkeen met 'n asemrowende uitsig oor die tuin en elkeen met sy eie ingang. Elke kamer kan een of twee mense huisves en het 'n televisie, DStv, 'n radio, yskassie en tee- en koffieskinkbord.

Akkommodasie sluit B&B en aandete in. Elke maaltyd word spesiaal deur die sjef voorberei en sluit 'n heerlike nagereg in. Dit kan in die gesellige eetkamer geniet word en na die aandete kan jy by die kroeg of onder die lapa by die swembad ontspan.

Die gasheer en gasvrou, Johan en Hester, wil gaste graag bederf en die verblyf so spesiaal as moontlik maak. Die kleurvolle tuin dra by tot die rustige atmosfeer met 'n swembad, trampolien, lapa, kroeg, pooltafel, veerpyltjies en 'n braaiplek.

Die gastehuis is sentraal geleë naby winkelsentrums en net 5 km van OR Tambo Internasionale Lughawe af. Dis maklik bereikbaar vanaf Midrand, Sandton, Johannesburg en Pretoria. 'n Gratis vervoerdiens vanaf die lughawe word deur die lodge verskaf. Volop en veilige parkeerplek is beskikbaar en daar is 'n paar motorafdakke.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Skuifie-projektor
  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Eden Guest Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false