Bloubergstrand Akkommodasie by Eden On The Bay 277 | LekkeSlaap
+21

Eden On The Bay 277

2 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cormorant-laan, Big Bay, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 250 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Eden On The Bay 277 is 'n selfsorgwoonstel in die winkelsentrum en leefstyl-kompleks Eden on the Bay in Big Bay.

Dié tweeslaapkamerwoonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die tweede gaste-badkamer het 'n stort.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, ketel, broodrooster en mikrogolfoond in. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër is ook beskikbaar vir gaste se gerief. Die oopplan-leefarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6 gaste en 'n sitkamer met gemaklike rusbanke en 'n groot platskerm-TV met Netflix. Die sitkamer bied toegang tot 'n balkon

Veilige onderdak-parkeerplek word voorsien.

Big Bay is 'n gewilde, moderne metropool wat uitkyk oor die pragtige Weskus van Kaapstad. Daar is pragtige uitsigte oor die see, op Tafelberg en Robbeneiland in die verte. Die bedrywige Eden on the Bay-promenade is ook hier wat veral vir toeriste 'n trekpleister is. Hier in Big Bay is daar hope pret en plesier wat wag!

Kenmerke

Veilige Parkering

Geriewe

  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Opsomming van Resensie

3.6 uit 5van 2 resensies vir Eden On The Bay 277
Netheid
3.5/5
Diens
3.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
3.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Cormorant-laan, Big Bay, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Eden On The Bay 277 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cormorant-laan, Big Bay, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGJlY2RmZWIyLTY2OTgtNDEwYi1hODIyLTczMWU0YjI3ZGZkMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 250  per nag (plek vir 4) 2 5 1 4 Cormorant Avenue Big Bay 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -33.792888 18.457897
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za