Warner Beach Akkommodasie by Eden Sands | LekkeSlaap
+18

Eden Sands

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eden Sands, Middleton-weg 42, Kingsburgh, 4126, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R615 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Eden Sands is 'n lieflike, gerieflike selfsorgwoonstel geleë in 'n veilige kompleks in Kingsburgh. Dit is slegs 'n klipgooi vanaf die strand en stapafstand vanaf verskeie inkopiesentrums.

Die woonstel bestaan uit 2 ruim slaapkamers, 'n privaat badkamer (bring asseblief jou eie handdoeke), 'n oopplan-leefarea en 'n volledig toegeruste kombuis. Die leefarea het gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV met Openview HD met 18 kanale. Gaste is egter welkom om hulle eie DStv-dekodeerder, -slimkaart, - afstandbeheer en kragkabels saam te bring. Dit kan gekoppel word aan die DStv-skottel. Let asseblief daarop dat daar trappe in die eenheid is, selfs van die grondvloer af.

Gaste kan die kuslyn verken en gebruik maak van die gemeenskaplike swembad of die groot tuin geniet, of sommer net strand toe stap. Dit is ideaal vir 'n ontspanne vakansie. Die sekuriteitskompleks het ook 'n gemeenskaplike braai-area en 1 parkeerplek beskikbaar vir hierdie woonstel.

Durban Internasionale Lughawe is slegs 45 minute van ons af en uShaka Marine World is slegs 30 minute se ry ver.

Slaapplek

’n Bespreking by Eden Sands sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
Plek vir 6 persone
6 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Geriewe

  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 33 resensies vir Eden Sands
Netheid
4.8/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Eden Sands, Middleton-weg 42, Kingsburgh, 4126, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Eden Sands het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R615
per nag (plek vir 6)
Vanaf R615
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eden Sands, Middleton-weg 42, Kingsburgh, 4126, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGY5MTk2NjdjLTc5MWYtNDljZC1hZWVmLTRiMzU1NmRkNmZiNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R615  per nag (plek vir 6) 33 5 1 5 Eden Sands 42 Middleton Road 4126 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.099564 30.859252
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za