Eden Wilds 80

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Eden Wilds 80 is in 'n veilige kompleks op die oewer van die Mtamvunarivier in die dorpie Port Edward geleë. Port Edward is tussen die warm Indiese Oseaan en die rollende heuwels van KwaZulu-Natal geleë en bied 'n oorvloed van warm sand, natuurreservate en voetslaanroetes wat dit die ideale vakansiebestemming maak.

Die eenheid het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer is toegerus met 'n dubbelbed en die die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer word tussen die kamers gedeel en het 'n bad en 'n stort.

Die goed-toegeruste kombuis en die oopplan-sitkamer lei na 'n stoep. Die kompleks spog met 'n gemeenskaplike swembad, 'n vang-en-vrylaat-dam, 'n speelgrond vir kinders, braaigeriewe en toegang tot die rivier.

Besienswaardighede in die omgewing sluit gholfklubs, natuurreservate, diereplase, strande, Wild Coast Casino en historiese besienswaardighede in.

Slaapplek

'n Bespreking by Eden Wilds 80 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Eden Wilds 80 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za