Eenzaamheid Vakansieplaas
- Kapasiteit: 19 persone
-
Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Eenzaamheid, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R800 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Eenzaamheid Vakansieplaas is 50 km van N9 die af, diep binne die toegangsbeheerde Camdeboo Bewaringsgebied in die malaria-vrye Oos-Kaap, naby die geskiedkundige dorp Graaff-Reinet.
Gaste bly in 3 gerieflike, ten volle toegeruste kothuise in 'n plaasstyl wat tot 14 persone kan akkommodeer in en suite-slaapkamers. Plaasontbyte, Karoo-aandetes of braai-etes word op versoek bedien.
Eenzaamheid Vakansieplaas is 'n bewerkte- en werkende Karooplaas: die Theron-familie besit die plaas sedert 1818 en die vyfde generasie bewerk en bewoon tans die plaas.
Vir natuurliefhebbers is daar aktiwiteite soos staproetes, bergfietsry, perdry, interaksie met plaasdiere, voëlkyk, 4x4 roetes, motorfietsroetes en vele meer beskikbaar. Ontdek ook Graaff-Reinet, Nieu-Bethesda en Aberdeen.
Eenzaamheid Vakansieplaas is 40 minute se ry vanaf Graaff-Reinet met museums, kunsgalerye, koffiewinkels, 'township' toere en baie ander doendinge. Ons nooi jou om 'n ontspanne wegbreek op hierdie veilige, gesonde en vreedsame vakansiebestemming te geniet.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Eenzaamheid, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
- Gaste dink Eenzaamheid Vakansieplaas het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Graaff-Reinet Cacadu-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 19 persone
-
Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Eenzaamheid, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom