Table View Akkommodasie by Egret Way | LekkeSlaap
+19

Egret Way

9 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Egret-straat 3, Flamingo Vlei, Table View, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Egret Way bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n ruim woonstel op die boonste verdieping met 'n privaat ingang. Dis op 'n residensiële erf waar die eienaars woon geleë. Let daarop dat daar trappe is wat na die woonstel lei. Die woonstel is in Table View en dis 2,2 km vanaf die strand en het toegang tot plaaslike winkels en restaurante.

Die smaakvol versierde woonstel beskik oor 'n en suite-slaapkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Die koninggrootte-bed kan in 2 enkelbeddens omskep word. Daar is 'n enkelslaapbank in die leefarea vir 'n ekstra gas. Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n yskas-vrieskas, koffiemasjien, oond, stoof, mikrogolfoond, glase, kombuisgereedskap en breekware. Daar is ook 'n wasmasjien en skottelgoedwasser. Die leefarea het lugversorging en 'n TV met DStv Premium. Daar is ook onbeperkte WiFi in die woonstel. 'n Kontinentale ontbyt en 'n verskeidenheid ontbytgraan en vrugtesap is teen 'n ekstra koste beskikbaar. Badhanddoeke word voorsien en daar is 'n boekie met ekstra inligting, kontakbesonderhede en plaaslike besienswaardighede in.

Die sitkamer bied toegang tot 'n groot stoep met draagbare braaigeriewe. Die woonstel het 'n aparte ingang vanaf die hoofhuis en gaste het toegang tot parkeerplek vir 'n klein voertuig op die perseel. Die Rietvlei Natuurreservaat is 900 m vanaf die woonstel en dis ideaal vir voëlkyk. Gaste kan van die MyCiTi-busdiens in die straat gebruik maak, 1 van die 3 winkelsentrums in die omgewing besoek of 'n dag op Blouberg se strand spandeer.

Slaapplek

’n Bespreking by Egret Way sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelslaapbank
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Italiaans

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 9 resensies vir Egret Way
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Egret-straat 3, Flamingo Vlei, Table View, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Egret Way het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R750
per nag (plek vir 3)
Vanaf R750
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Egret-straat 3, Flamingo Vlei, Table View, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1FwlNvV18HLWUPdeHSOZJRqyJ2aGK6LszN3Xh01dAyTpilD2OP?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R750  per nag (plek vir 3) 9 5 1 5 3 Egret Street Flamingo Vlei 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.830501219479 18.49132763864
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za