Eikelaan Farm Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 33 % af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Jul 2019 tot 1 Sep 2019.

Beskrywing

'n Besoek aan Eikelaan Plaas, sowat 5 km vanaf die historiese dorpie Tulbagh, is altyd 'n welkome ontvlugting van die stad. Dit is perfek as jy bietjie jou batterye wil herlaai en jou kop wil skoonmaak. Die rus en vrede wat hier heers, sal jou onmiddellik verfris en verkwik.

Eikelaan is 'n netjiese, werkende plaas waar koring, olywe en wingerd verbou word en ons het ook vee en skape. Verblyf word aangebied in 3 silwerskoon selfsorgkothuise wat almal uitkyk oor die oop, groen velde wat strek tot by die blou berge in die verte - dit skep 'n pragtige kontras tussen sag en grof.

Die kothuise is lig en lugtig en versier in natuurlike kleure en teksture. Die wye vensters en dubbeldeure laat baie lig in en die terracotta-vloere verleen 'n ongekunstelde, landelike gevoel wat lieflik kontrasteer met die kraakvars, wit linne en dik duvets.

Elkeen van die kothuise het 'n kaggel binne wat dit lekker knus maak tydens die winter in 'n wêreld waar sneeu op die berge nie ongewoon is nie. Indien jy hier kuier in die somermaande sal jy weer baat by die lugversorging en plafonwaaiers, asook die swembad en lapa. Elke kothuis het sy eie privaat patio en braaigeriewe.

Die kothuise word omring deur 'n breë strook groen gras wat 'n absolute paradys vir kinders is. 'n Entjie verder van die kothuise af is daar 3 damme vir visvang of swem, wye oop spasies vir stap of fietsry en jy kan ook met die plaasdiere kennis maak.

As jy op soek is na 'n gerieflike en nie-veeleisende naweek in die platteland wat geskik is vir plaaslike reisigers asook toeriste, is Eikelaan Farm Cottages jou nommer een keuse!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Eikelaan Farm Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 R600 per nag (plek vir 3)

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Jul 2019 tot 1 Sep 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | be[email protected]

// Hotjar AB false