Ekukhuleni Game Farm and Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ekukhulenie Wildplaas is in die voorheuwels van die Magaliesberge op die Magalies Meander naby Hekpoort geleë. Die rustige wildplaas is perfek vir lang wandelinge, wildkyk, uitstekende voëlkyk-geleenthede en pragtige berg-uitsigte. Ekukhuleni is net 'n uur van Johannesburg, Pretoria en Rustenburg af, so dis die ideale keuse vir jou volgende wegbreek.

Die plaas het 5 afgeleë kothuise wat ten volle toegerus is en elkeen oor 1 of 2 slaapkamers beskik. Die kothuise word omring deur die Bosveld se rustigheid en elkeen het 'n stoep met 'n ingeboude braai en 'n Cadac-skottel. Die slaapkamers het almal en suite-badkamers. Alle linne en badhanddoeke word voorsien. Die kombuise is elkeen toegerus met die nodige breekware, eetgerei, potte, panne, 'n gasstoof en 'n mikrogolfoond. Die kothuise is smaakvol met keramiekteëlvloere afgewerk. Gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Daar is 'n swembad vir gaste se gebruik wat in die prentjiemooi tuin geleë is. Ekukhuleni is naby die Wieg van die Mensdom. Kom verken die Sterkfonteingrotte en Maropeng ? 'n wêreldbekende ondergrondse besienswaardigheid wat jou op 'n reis deur die mensdom se geskiedenis sal neem.

Let asb. daarop dat daar 'n kort grondpad na die eiendom is.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ekukhuleni Game Farm And Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R680 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false