Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

El Yolo One

Lodge
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 105 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Klaarstroom, Willowmore-pad, R407, Klaarstroom, 6932, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R400 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

El Yolo One is 'n gasteplaas wat aan die voet van die Swartberge in die Groot Karoo geleë is. Ons gaste kan met verskeie plaasdiere soos beeste, skape, kalkoene, eende, ganse, poue en hoenders kennis maak. Let asb. daarop dat die roete na El Yolo One 'n grondpad van omtrent 30 km is.

Die verblyf bestaan uit verskeie kamers en chalets om van te kies en te keur en beskik elk oor elektriese komberse, muurverwarmers, ketels en kluise. Al die kamers het bad- en swemhanddoeke en gratis hout vir die kaggel, asook braaigeriewe word voorsien. Verder bied die kamers pragtige uitsigte oor die omliggende Swartberge.

Daar is ook kampterreine beskikbaar wat elk oor 'n privaat badkamer, elektrisiteit en water beskik.

Gaste het 'n keuse van selfsorg- of restaurantgeriewe. Ons bedien hoofsaaklik tradisionele Karoo-plaasetes. Die restaurant kan ook vir groter groepe beskikbaar gestel word. El Yolo One bied trou- en konferensiegeriewe met plek vir tot 120 gaste.

Dié area is 'n fotograaf se droom en die teleskoop se geriewe stel gaste in staat om die asemrowende Karoo-naghemel te sien. Gaste kan ook baarsvisvang, skyfskiet, rotsklim en bergfietsry, indien hulle hul eie toerusting bring. Gaste kan in die swembad langs die restaurant of in die plaasdam swem.

Ons het mak en wilde diere soos elande, springbokke, koedoes en duikers. Ons het 'n uitgebreide voëllewe. Baie wilde en bedreigde veldblomme en plantsoorte is al waargeneem. Ons bied 4x4-roetes vir die ervare en die onervare gaste. Voetslaanroetes is uitgelê vir die meer avontuurlustige stapper of vir diegene wat net 'n rustige wandeling wil neem. Fassinerende Boesman-rotstekeninge kan in drie verskillende grotte op die plaas gevind word. Fossiele en onbesoedelde waterstrome en -watervalle is maar net van die ongewone kenmerke van die plaas.

Ons klimaat is gemiddeld in die somer as gevolg van ons ligging na aan die Swartberg sowat 1000 m bo seevlak. Soms kan jy sneeu in die winter verwag. El Yolo het ook 'n trampolien, 'n klimraam, plaasdiere wat gevoer kan word en vele meer om die jongspan besig te hou terwyl die ouers 'n ogie van die restaurant se stoep af hou.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Piekniek-middagete
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 50 resensies vir El Yolo One
Netheid
4.8/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Klaarstroom, Willowmore-pad, R407, Klaarstroom, 6932, Oos-Kaap
  • Gaste dink El Yolo One het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Tuinroete Oos-Kaap
Vanaf
Vanaf R400
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R400
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 105 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Klaarstroom, Willowmore-pad, R407, Klaarstroom, 6932, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAZxXZPJZMggF1CW977I7EjK65xFN4mzrDh9F6c5wYp90FfKYbMm?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R400 per nag, vir 2 mense 50 5 1 5 Klaarstroom, Willowmore Road R407 6932 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -33.380003102698 22.762001875309