Elandsfontein Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 50 % af

Kry 50% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Ons plaas, Elandsfontein, is ongeveer 18 km (25 minute se ry) van Pretoria af. Dit is omtrent 25 km van Johannesburg af (45 minute se ry) en 25 minute se ry van die Jan Smuts Internasionale Lughawe af. Ons boer met beeste en perskes. Hier sal jy 'n voorsmakie van 'n egte Suid-Afrikaanse plattelandse leefstyl ervaar. Gedurende die dag kan jy lekker op die plaas gaan stap, gaan draf of net luilekker rondsit in die skadu van die groot bome in ons erf.

Dié bekoorlike kothuis op 'n werkende plaas het slaapplek vir 6 mense in 3 aparte slaapkamers. Dit sluit die volgende in: 'n leefarea met 'n platskerm-TV en DStv, 'n volledig toegeruste kombuis met 'n stoof, yskas en mikrogolfoond, 'n stort en 'n en suite-bad in die hoofslaapkamer en 'n ketelbraaier in die privaat binnehof.

Dié bekoorlike kothuis het slaapplek vir 2 gaste tussen groot bome met 'n uitsig oor die mielielande en perskeboorde. Die kothuis beskik oor 'n slaapkamer mer 'n koningingrootte-bed, 'n sitkamer met 'n platskerm-TV en DStv, 'n ten volle toegeruste kombuis met 'n stoof, yskas en mikrogolfoond, 'n aparte badkamer, en 'n ketelbraai in die privaat binnehof.

Beperkte WiFi is beskikbaar.

Rietvlei Natuurreservaat is langs ons plaas geleë en bied weivelde vir verskeie tipes diere insluitend sebras, bokke soos elande, hartebeeste, springbokke, blesbokke en swartwildebeeste, buffels en ook die wit renoster. Daar is ook jagluiperds en 'n leeukamp. Aangesien dit redelik klein is, kan mens maklik 'n halfdaguitstappie neem en nogal baie diere te siene kry. Groenkloof Natuurreservaat is ongeveer 25 km se ry van ons af. Hier kan jy voetslaan en binne 'n uur sommer tussen die wild rondstap (bokke en kameelperde). Die wild is mak en daarom kan jy redelik na aan hulle kom. Gaste is welkom om Pretoria (Voortrekker Museum, Paul Kruger Huis, Smuts Huis, Sammy Marks Museum, Vryheidspark, De Wildt Cheetah Centre en die Botaniese Tuin) en Johannesburg (Apartheid Museum, Constitution Hill, Maboneng Precinct, Soweto, Gold Reef City en wêreldgehalte inkopiesentrums) te verken. Ons plaas is naby (30 - 45 minute se ry) van Pretoria en Johannesburg af. Die Wieg van die Mensdom, Hartbeespoortdam en die klein diamantdorpie Cullinan is ook alles slegs 'n uur se ry van ons af.

Die Woodlands Mall en Irene Village Mall is net 15 tot 20 minute se ry ver en daar sal jy al die restaurante en winkels vind wat jy verlang.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Vlaams
  •  Duits
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Elandsfontein Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 R300 per nag (plek vir 2)

Kry 50% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false