Elandsrivier Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Elandsrivier Guest House lê in die hartjie van die Tsitsikamma en bied gehalte-gastehuisverblyf. Hiér kan jy die lewe op 'n suiwelplaas eerstehands ervaar! Die plaas bied asemrowende uitsigte op die Tsitsikamma-berge, inheemse woud en plantasies.

Die gastehuis het 5 selfsorg-kamers. Elke kamer het 'n kombuis en 'n badkamer, en daar is sekere DStv-kanale en braaigeriewe op die voorste stoep. Gaste wat vroeg uit die vere is, kan soggens die ongelooflike sonsopkoms geniet en die melkery kan bedags besoek word op versoek. Daar is 'n dam op die perseel waar gaste kan baarshengel en gaste kan ook luilekker langs die swembad lê.

Die area bied verskeie doendinge en besienswaardighede soos die Tsitsikamma Nasionale Park, Tsitsikamma Falls Adventures, segway-toere, swartwater-tjoepry, rekspring by die Bloukransbrug, Tsitsikamma Wolf Sanctuary, Die Groot Boom, verskeie staproetes, Monkey Land, Birds of Eden, Jukani Wildlife Sanctuary, gholflandgoedere, Fijnbosch Hoek Kaasplaas, boomtoptoere, Tenikwa Wildcat Sanctuary en die Lawnwood Snake Sanctuary.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Elandsrivier Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R820 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za