LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Elegant Lodge | LekkeSlaap
+50

Elegant Lodge

Gastehuis
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hans Strydom-straat 68, Pongola, 3170, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 080 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Elegant Lodge is in Pongola, net 'n entjie van die N2 af tussen Pretoria en Durban. Dit is die ideale oornagplek vir reisigers wat op pad is na Swaziland, Ponta do Ouro in Mosambiek, Sodwana en die Noordkus.

Hierdie luukse lodge is gerieflik geleë in 'n stil buurt oorkant die gholfbaan. Die dubbelverdieping-gebou staan in 'n luisterryke tuin, beskik oor 15 kamers met en suite-badkamers en bied veilige parkeerplek aan besoekers. Daar is 2 luukse kamers elk met 'n stort en 'n bad, 5 dubbelkamers, 5 enkelkamers en 3 dubbel-/2-enkelbedkamers. Elke kamer is toegerus met 'n platskerm-TV met DStv, lugversorging, yskassie, haardroër, kluis, koffiestasie en WiFi.

Ontspan voor die TV in die sitkamer, speel pool of geniet jou eie drankies by die kroeg. Ons het ongelukkig nie 'n dranklisensie nie, maar jy is welkom om jou eie drankies te bring. Koeldranke en vrugtesappe word by die kroeg verkoop.

Ontbyt kan binne of buite genuttig word. 'n Driegang-aandete is ook beskikbaar op versoek.

Al die bekende kredietkaarte word aanvaar, behalwe Diners Club en American Express. Ontvangs is oop tussen 07:00 en 20:00.

Daar is 'n swembad waar gaste op somersdae kan afkoel oorkant ons nuwe venue waar troues, konferensies en funksies gehou word.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Internet
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 35 resensies vir Elegant Lodge
Netheid
4.8/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Hans Strydom-straat 68, Pongola, 3170, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Elegant Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 080
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 080
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hans Strydom-straat 68, Pongola, 3170, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDRkNDBmMzVlLWQxMjEtNDRiOC05YjRjLWNjYjU0ZDdjNjkzZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 080  per nag (vir 2 persone) 35 5 1 5 68 Hans Strydom Street Pongola 3170 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -27.375190668537 31.618940117722
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!