Pick your preferred language

English

Afrikaans

+48
Selfsorg in Waterberg

Elements Private Golf Estate Lodge 296

8 gaste

4 slaapkamers

6 beds

4 badkamers

  • 8 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Portion 9 Elandsfontein Farm Cyferfontein, District Cyferfontein Road, 296 Lodge, Elements Golf Estate, Bela-Bela, 0480, Limpopo Sien kaart

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.

Beskrywing

Elements Private Golf Estate Lodge 296 is 'n privaat selfsorghuis op die Elements Private Golf Reserve in die Waterberg-streek. Dié reservaat is ongeveer 185 km vanaf Johannesburg en net 23 km vanaf Bela-Bela.

Dié huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 4 en suite-badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamers is in 2 slaapvleuels en apart van die leefarea geleë en elke vleuel het 2 slaapkamers. Twee van die slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed en die ander 2 slaapkamers het elk 2 driekwartbeddens. Elke slaapkamer het lugversorging en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort en 'n privaat buitestort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond en 'n opwaskamer met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus. Die ruim leefarea het 'n sitarea, staanwaaier, platskerm-TV met sekere DStv-kanale en 'n ingeboude kaggel. Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met 'n buite-etenstafel en ingeboude braaigeriewe. Die stoep lei na 'n boma met sitplek en 'n braai-vuurput, en langsaan is daar 'n lieflike dek met sonstoele en 'n privaat swembad.

Die huis het 'n toesluitmotorhuis met parkeerplek vir 4 voertuie.

Elements Private Golf Reserve spog met 'n US PGA-kampioenskapgholfbaan met 18 putjies wat deur Peter Matkovich ontwerp is en waar gholfkompetisies gereeld gehou word. Die wildspesies wat vry hiér rondloop sluit koedoes, njalas, rooibokke, blouwildebeeste, sebras, blesbokke, rooihartebeeste en rooiribbokke in. Lodge 296 spog met 'n asemrowende uitsig oor die bosveld wat tot by die horison strek.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 25 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.3
Veiligheid
4.5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Marguerite Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 38

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Portion 9 Elandsfontein Farm Cyferfontein, District Cyferfontein Road, 296 Lodge, Elements Golf Estate, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Elements Private Golf Estate Lodge 296 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 5 350
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 5 350
per nag (plek vir 8)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 5 350
per nag (plek vir 8)
Bespreek

Portion 9 Elandsfontein Farm Cyferfontein, District Cyferfontein Road, 296 Lodge, Elements Golf Estate, Bela-Bela, 0480, Limpopo

Sien kaart
  • 8 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Soos Gesien op Facebook
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAffbafc9e85b733db8e3c4b90fdefa051c2b63d7dc4672fd77ee2c924bde95354318410db1d7ef3de085649e366c426a84393?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 350 per nag (plek vir 8) 25 5 1 5 Portion 9 Elandsfontein Farm Cyferfontein, District Cyferfontein Road 296 Lodge, Elements Golf Estate 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.801479747071 28.147343412342
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang