Sasolburg Akkommodasie by Elephant Lodge Vanderbijlpark 2 | LekkeSlaap
+15
+15

Elephant Lodge Vanderbijlpark 2

Selfsorg
  • Vanaf R2 000 per nag (vir 4 persone)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vaalpark off-ramp, , Sasolburg, 1949, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Elephant Lodge Vanderbijlpark 2, Vaalpark is geleë op die oewer van die Vaalrivier en bied fantastiese, prentjiemooi uitsigte. Die woonstel is in 'n kompleks geleë, net 100 m van die ongerepte rivierfront en swembad af.

Die kompleks is langs Heron Banks Golf and Country Estate.

Die woonstel het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed. Daar is 'n tweede slaapkamer met 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die kombuis is volledig toegerus met 'n mikrogolfoond, stoof, oond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Die oopplan-leefarea is gerieflik gemeubileer.

Daar is 2 TV's en DStv.

Daar is lugversorging in die hoofslaapkamer.

Die leefarea lei na 'n balkon met 'n ingeboude braai en daar is ook 'n addisionele gasbraai. Skaduryke parkeerplek is beskikbaar vir dié woonstel.

Die kompleks spog met 'n rivier-uitsig.
Daar is wagte aan diens by die hoofhek.
Die kompleks is slegs 1 km vanaf die gewilde rivier-kroeë, gholfbane en winkelsentrums.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Vaalpark off-ramp, , Sasolburg, 1949, Vrystaat
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 000
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R2 000
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R2 000
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vaalpark off-ramp, , Sasolburg, 1949, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGY3YzYzMTBjLWI3NWEtNDg4Mi04ZDFkLTUyM2QyZTg5NmYzMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 000  per nag (vir 4 persone) Vaalpark off-ramp Vaalpark 1949 Vrystaat 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -26.753736849513 27.833092206013
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za