Underberg Akkommodasie by Elgin Guest House and Farm | LekkeSlaap
+28
+28

Elgin Guest House and Farm

1 resensie
Gastehuis
  • Vanaf R1 940 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Drakensberg Gardens-pad, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 13

Beskrywing

Elgin Guest House and Farm skuil in 'n welige vallei aan die voet van die Suidelike Drakensberge. Die gastehuis is langs 'n teerpad, sowat 6 km vanaf die plattelandse dorpie Onderberg geleë, 'n pragtig mengsel van landbouaktiwiteite, gallerye, interessante plaaslike winkeltjies, restaurante, koffiewinkels, 'n kaasfabriek en padstalle.

Elgin Guest House and Farm is op 'n melkplaas geleë, met pragtige uitsigte oor die groen, welige landbougrond waarop die beeste en skape rustig wei.

Verblyf word in 4 luukse en suite-kamers, wat oor die pragtige landbougrond en mere in die Underberg-streek uitkyk, gebied. Dié 4 pragtige suites is in 2 privaat vleuels, los van die hoofplaashuis, en bied gaste dus rustigheid en privaatheid. Elke kamer het sy eie ingang en patio met 'n asemrowende uitsig. Al 4 suites is dubbelkamers met en suite-badkamers, terwyl 1 ook 'n privaat sitkamer het. Elke kamer beskik oor satelliet-TV, 'n verwarmer, 'n haardroër en 'n yskassie.

'n Heerlike ontbyt word in die somermaande buite geniet, en in die wintermaande in die plaashuis se sonnige eetkamer bedien. Gaste kan saam met die gasheer en -vrou, Jeannine en Ian, 'n drankie in die deftige sitkamer geniet. Aandete kan op versoek bedien word.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering

Geriewe

  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Elgin Guest House and Farm
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Drakensberg Gardens-pad, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Elgin Guest House and Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 940
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 940
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 940
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Drakensberg Gardens-pad, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 13
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGViMDU3ZWQ5LTMwOGYtNGZhNC1hYmM1LTRjMDM5ZWQwN2RhOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 940  per nag (vir 2 persone) 1 5 1 5 Drakensberg Gardens Road Underberg 3257 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.752286 29.455717
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za