Elizabeth House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Elizabeth House is 'n lieflike selfsorghuis in Seaview, Port Elizabeth, teen die Indiese Oseaan. Bederf jouself met 'n pragtige see-uitsig, sit rustig op die dek met 'n glasie Suid-Afrikaanse wyn in die hand en kyk hoe die son sak terwyl die dolfyne in die branders baljaar. Of klop by ons aan in die winter wanneer die walvisse ons besoek.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n wasmasjien, skottelgoedwasser, stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, ketel, broodrooster, potjiekospot, kombuisgerei, potte en panne. Die eetarea het 'n eetkamertafel met sitplek vir 8 mense. Die woonkamer en kuier-area het 'n TV met volledige DStv en 'n DVD-speler, binnebraai, en 'n kombuisie met 'n yskassie. Gratis WiFi is beskikbaar.

Buite is daar 'n ruim dek, 'n patio met 'n hangmat, 'n privaat tuin en braaigeriewe. Daar is ook 'n swembad ('n veiligheidsnet is beskikbaar op versoek). Die tuin is omhein en die hekke werk met elektrisiteit. Die alarmstelsel is gekoppel aan 'n privaat sekuriteitsfirma. En veilige parkeerplek is beskikbaar op die perseel.

Slaapplek

'n Bespreking by Elizabeth House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Area 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Elizabeth House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 100 per nag (plek vir 14)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za